Hierdie naweek klink ons ’n glasie 1984 rooiwyn op my oud-koshuis

Standard

In Augustus 2001 by die 40ste reünie van ons oudkoshuis het die huiskomitee wat dit gereël het, ‘n stofbedekte bottel rooiwyn van 1984 gekoop by die wynveiling. Elke HK-lid het R50 neergesit, d.w.s. 13 x R50 = R650, nogals ‘n aardige bedrag vir ‘n klompie studente.

As sobere sekretaris en betroubare argivaris is ek gevra om die bottel vir ‘n dekade te hou sodat ons dit kan oopkurk vanjaar by die 50ste feesvieringe.

Dít gebeur hierdie naweek – tensy ons besluit om dit vir die wynveiling te skenk😛

9 responses »

  1. Ek was natuurlik nuuskierig en wou vra: Watter koshuis, maar toe het ek gesien. In my jongdae het die meisies daardie koshuis as die “gentleman”- koshuis gesien. Ek dink dis ‘n kompliment vir ‘n manskoshuis. My man en kinders is wel na ‘n ander koshuis.
    Geluk met julle 40e herdenking!! Stuur groete vir Carl Goossen… ek weet nie of hy daar sal wees nie???

      • het gedink hy sal nie weet wie toortsie is nie. Hy is my seun se beste vriend. Ek sal hom vertel as ek hom weer sien! Dis goed, hy kan maar wonder! Dankie

  2. Natuurlik moet julle dit drink – of miskien bêre vir nog 10 jaar🙂
    Ek het nogal gewonder hoekom jy so baie wyn het…

    • Oi, en toe is dit ook so! Ons het besluit ek moet dit maar vir nog ‘n dekade wegsit, want die meerderheid van die mede-eienaars van die bottel was toe nie die naweek in onze land nie. Gmpf.

    • Hm, ek weet nie eintlik hoe om so ‘n bottel te bêre nie… moet ek hom laat plat lê en omdraai elke dan en wan, of eerder net regop laat staan iewers in ‘n hoek?

      Tsk, ons sal een/ander tyd wel uitvind of dit asyn geword het of nie…

      • 😆 Die kurk moet nat bly (dus lê) en die spot moet koel wees. Probleem is dat die meeste wyne nie regtig te goed verouder nie, so ek sou maar eerder die kurk nou trek, as wat ek oor nog ‘n dekade agterkom ek het ‘n bottel asyn vertroetel.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s