My kantoor was gisteraand ’n baken van lig in die maanlose nag …vir motte

Standard

My kantoor was gisteraand ‘n ligtoring in die diepdonker nag vir die motte wat kerplaks-kaplaks teen die ruite vasgevlieg het, koppig, keer-op-keer opwaarts tot waar hulle uiteindelig deur dun skrefies lug kon inwring na die beloofde lamp.

My kantoor met blindings wat blindelings ratel in die ligte bries het oornag in ‘n krematorium ontaand.

>>

Ten spyte daarvan, aanvanklik onbewus, sit ek oorgebuk intens my kop en kantel vrylik terwyl ek stiptelik, herhaaldelik, onverbiddelik deur artikels en hoofstukke flap, ewig soekend na ‘n verligte kruisverwysing wat by my woorde sal pas.

‘n Artikel ingebed in ander. Kennis is lig.

>>

Waarlik, die motte se simposium lewer ‘n dawerende applous van vlerke wat klap, vol weerga vir die brommende buisligte se heldere insig.

>>

(Later kom die onthou van hoe delikaat ‘n mot se vlerk werklik is.)

5 responses »

  1. Nou toe nou – ek hou my oë oop vir jou gewone gekkedaggrappie, en skielik die verrassing van hierdie stuk met meerdere lae van betekenis. Ek hou daarvan:)

  2. As jy op Bravenboer hier by jou mense wat jy ken, klik, sal jy my dogter sien wat haar bruidegom soen in die nat pad. klik verder op Philip en Gerda ( 2de van bo) vir nog wonderlik foto’s van hom

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s