Ek het gister myself soos ’n goeie kapitalis probeer vergoed

Standard

Ek het gister myself soos ‘n goeie kapitalis probeer vergoed en met ‘n bankkaart in ‘n beursie na ‘n winkelsentrum geepad.

Om iets te koop.

Iets onnodigs, oorbodigs, suiwer vir die plesier van iets duur aanskaf; om my maandelikse salaris as vergoeding in te span: myself te vergoed, my lewe te verbeter, my met die rykhede van die aardse wêreld te vermaak, because you’re worth it, sê die een of ander grimmige advertensie.

So sit ek my beste gesig op, my beste voetjie voor, en loop in ‘n klerewinkel waar daar genoeg genaaide lappe hang om ‘n klein nasie te klee.

Ek wandel tussen hangers; haak ‘n paar nader om my swaargelaaide arm, gaan aantrekhokkies toe met die maksimum getal items. Trek toe die gordyn. Verklee in drie weerkaatsings van myself. Gee die oranje nommer terug, hang die items op, herhaal die proses.

Vir ‘n wyle huiwer ek met ‘n leerbaadjie, afgemerk: donkerbruin pas by my bleek vel en ligte hare. Maar dan besef ek meteens ek sal ‘n motorfiets ook moet koop vir dié look, en hang toe maar daardie gedagte ook op. En voel verlig.

Verlaat die klerewinkel.

In my ‘n meubelwinkel.

Sit op stoele.

>>

Uiteindelik eindig ek in kruideniersware winkel. In ‘n supermark soos wat daar oral is.

En met kontant koop ek ‘n saadbrood en ‘n afgemerkte Emmentaler-kaas met switserse gate. Rooibostee en no-name bessiesap. Koningskos, dié spys en drank.

>>

Buite die katedraal van Kapitalisme, gooi ek kollekte in ‘n karwag se hand.

Sug soos ek by my stofblou karretjie, warm gebak in die son, inklim. Waarlik, ek’t brood in die sweet van my aanskyn verdien, dink ek. Soos ‘n goeie Calvinis.

>>

3 responses »

  1. Ek hoop jy het in die meubelwinkel een van daai masseermasjiene gekoop wat ‘n mens se moeë senings en spiere masseer🙂

  2. Mooi geskryf! Daar is niks so depressing soos ‘n klerewinkel as ‘n mens aanpas nie. Erg uitputtend! Ek dink ook njy het hard gewerk vir daardie brood.

    • Klere aanpas wat ek nooit sal kan bekostig nie tel ek egter as ‘n stokperdjie😉 Ek kan op ‘n Saterdag ure lank rondloop en aanpas en teen die einde van die dag met ‘n onderbroek en ‘n R50 T-hemp van Woolworths huis toe gaan.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s