Skoolhoofde wat graad 8’s laat doop, moet strafregtelik vervolg word

Standard

Hierdie foto’s is vanjaar op ‘n skool se webtuiste gelaai onder die lêer Gr. 8-Oriëntering:

        

Ek sê dank die skoolhoof summier af!

Of hoe voel jy? Is dit alles deel van opbouende pret?

>>

Solank as wat ons omgewings aanhou skep waar matrieks, weens hulle ouderdom, dink en glo hulle is beter as ander – en hulle die mag gegee word om hulle gesag uit te oefen – kan ons nie ‘n oop, demokratiese samelewing daarstel nie.

As jy iemand waarlik wil laat tuis voel tussen ander, voel ek, is dit nie nodig om hom/haar af te breek en dán op te bou met verwagtinge van blindelingse lojaliteit nie. Nee. Die kere wat ek werklik gewaardeer gevoel het as skoolleerder, was daardie kere waar persone my behandel het, nie as die kind wat ek was nie, maar as die grootmens wat ek besig was om te word.

En om blindelings in iets te glo… watse burgers lei ons vir die samelewing op?

>>

3 responses »

  1. Mnr. Muller, ek stem saam met jou, maar sal graag wil he^ ons moet in gesprek moet tree met die betrokke skool aangesien die studente/leerders by Hoer Onderwysinstellings aankom met “issues” ….

    • Basta met verdere gesprek! Koppe moet rol!
      🙂

      Ek stem saam dat Hoër Onderwysinstellings gesprekke met skole moet begin voer. Die kompleksiteit is verreikend. Almal in die stelsel, glo ek, doen hul bes – en hulle probeer doen wat hulle dink hulle moet doen en wat goed is.

      Maar die era waarin ons leef, vereis ander tipe afgestudeerdes en dus nie alumni wat blindelings lojaal is nie, maar konstruktief krities. Om leerders krities en oopkop te kry, vereis daadwerklik ánder onderrigmetodes as dít waaraan ons gewoond is.

      …maar eers as koppe rol, dink ek, sal die gesprek met dringendheid gevoer word.

  2. Ek stem saam. Dis een ding wat nie tuis in ‘n skool hoort nie, veral nie met kinders wat van ‘n laerskool af hoerskool toe gaan nie. Dis GENOEG dat die kinders deur stress gaan van aanpassing[sprobleme], [en wat nog meer – ‘issues’ soos genoem is, wat oorvloedig in die Onderwys is] ens. Ek kan net dink hoe ‘scary’ dit vir party [of baie] moes wees met hierdie skool waarna hulle uitgesien het en dan sulke behandeling kry. Ek haal my kind net daar uit die skool uit, dis nie waarvoor ouers skoolgeld betaal nie – om jou kind te verneder en dan nog hom/haar van skool [dalk] af te sit. Kinders se persoonlikhede verskil en jy kan nie almal onder die selfde kam laat deurloop nie – VERAL nie met so iets nie! Gee my krag – dank daardie hoof af! Hy is nie werd om een te wees nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s