Van blougat tot ouman: hoe die Bosoorlog steeds woed in 2011

Standaard

‘n Skrywersvriend het onlangs sy manuskrip vir my gegee om te lees. Ek voel bevoorreg. Dit handel oor sy anti-held diensplig-ervaringe tydens die grensoorlog – en die weermag-waansin wat daarmee gepaardgaan. Hy skryf dit met ‘n goeie dosis sinisme en satire wat ek geniet; sy invalshoek herinner my aan Catch-22 se Yossarian (sekerlik een van my gunsteling fiktiewe karakters) se tong-in-die-kies waarnemings.

>>

Tot op hede weet ek min van die grensoorlog; diensplig is afgeskaf toe ek nog in die laerskool was, en ek het nooit kadette geoefen in die hoërskool nie. Ja, vaagweg weet ek van Boetman wat die bliksem in was, maar dit is ‘n oppervlakkige besef, nie ‘n geïnvesteerde verstaan nie.

So toe ek sy manuskrip beginne lees, het ‘n nuwe (ou) wêreld vir my oopgegaan, honderde kilometers bo in die lug teen honderde kilometers per uur, rustig met ‘n glasie whisky op ys, ver verwyderd van die werklikheid (op ‘n vlug).

>>

Wat vir my jammer was, is dat ek baie van die mees bisarre, komieklike insidente op ‘n eienaardige wyse herken het. Die tweede-laagste rang wat hulle beperkte gesag op die laagste rang (die troepe) uithaal met fisiese oefeninge, sielkundige aftakeling, konstante afkyk, staan in die son, kort storte, hare afskeer en ‘n ewige paradeer sonder enige verweer. Dié aspekte is almal steeds opgesluit, oorgedra en ingebed in koshuistradisies van jare later.

Dit skaam my om te sê, maar drie dekades ná die oorlog woed aspekte daarvan steeds wild op die Bos. Met die beste bedoeling, besef ek, maar sonder begrip; sonder verstand.

>>

Op die lughawe, in die boekwinkel, vang my oog ander memoires wat op die rakke staan. “Troepie: van blougat tot bosoupa” is een se titel. Dit verklaar hoekom ‘n standbeeld op die kampus se sitvlak jaar-op-jaar blou geverf word, deur eerstejaars wat hulleself “blougatte” noem.

Ek google “blougatte” en kom op ‘n facebook groep af met trotse foto’s van 2009 se eerstejaarsgroep/troep; duidelik is dit nie net die standbeeld wat deurloop nie:

Ook sien ek ‘n Hoër Tegniese Skool se graadags word lieftallig “blougatte” genoem; die webwerf lys jukskei as een van hulle skoolsporte.

Tydens die oriëntering hang blou naambordjies om hulle nekke; aan die einde van die oriëntering sing hulle hand-op-die-bors hulle skoollied. Hier spring hulle vreugdevol in die lug:

>>

Die grensoorlog was vanaf 1966 tot 1989, maar ek vermoed dit impakteer tot vandag toe veral Afrikaanse skole en universiteite. Wat behoue gebly het, is die meem dat aftakeling van nuwelinge nodig is, of jy nou aankom in graad 8 of as eerstejaar – jy moet ‘n bietjie suffer om waarlik “man”/mens te word.

>>

Solank as wat skool- en koshuishoofde in hierdie georkestreerde boelie-gedrag glo, en dit as ‘n waarde ag, bly die tradisies en praktyke voortleef as ‘n onbedenkte spel – wat vir die meeste individue as ‘n hegte groep saambind, maar vir party hoër-op individue vrye teuels gee om sadisties en gemeen te wees, vir die pret.

>>

Advertisements

5 responses »

  1. Dit is vir my ‘n ontstellende (argeologiese) ontdekking wat jy gemaak het – klink soos geraamtes in die kas wat aanbid en vereer word 😦

  2. Ek wil nou nie mense NOG meer skok nie, maar in my eie koshuis ervaring by ‘n ander Afrikaanse universiteit het “blougat” verwys na hoe ‘n eerstejaar se sitvlak veronderstel was om te lyk na ‘n ordentlike loesing, wat gereeld deur seniors uitgedeel is vir absoluut enige rede. Daar was tot ‘n ou rympie “Wit gat is slapgat, blou gat is ougat” en as jou gat te wit was was daar altyd ‘n senior wat gewillig was om die “inkleur” werk te doen. En ja, daar is letterlik na dit verwys as “inkleur”. Hierdie was in die jare 80, en die hele boelie kultuur het 100% sy ontstaan in die weermag gehad.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s