As “leer” selde die gevolg van “onderrig” is…

Standard

Ek het laasjaar by die Society for Research in Higher Education-konferensie Etienne Wenger hoor praat oor sy sosiale leerteorie-konstruk “communities of practice” wat hy uitgebrei het na individue wat in ‘n landscape of practice tussen verskillende “communities” rondbeweeg.

Vanaand lees ek weer ‘n bietjie van hom; ek hou van die inleidende paragraaf in sy hoofstuk “A social theory of learning” wat in die boek Contemporary theories of learning opgeneem is. Dit is ‘n samevoeging van lank-tevore gepubliseerde artikels van hom:

Our institutions, to the extent that they address issues of learning explicitly, are largely based on the assumption that learning is an individual process, that it has a beginning and an end, that it is best separated from the rest of our activities, and that it is the result of teaching. Hence we arrange classrooms where students – free from the distractions of their participation in the outside world – can pay attention to a teacher or focus on exercises… To assess learning, we use tests with which students struggle in one-on-one combat, where knowledge must be demonstrated out of context, and where collaborating is considered cheating. As a result, much of our institutionalized teaching and training is perceived by would-be learners as irrelevant, and most of us come out of this treatment feeling that learning is boring and arduous, and that we are not really cut out for it.

Etienne Wenger (1998) Communities of Practice: Learning, meaning and identity

>>

7 responses »

  1. wow! Iets om oor te dink!!! Miskien is dit hoekom ons eers goed is in ons werk as ons “ervaring” het- want dan het ons eers geleer, nie in die klas nie???

  2. Dink jy onderwys het al bietjie meer beweeg in die rigting van saamwerk en prakties? My kinders het meer groepswerk op skool gedoen as ek , maar xams was steeds 1 tot 1. Miskien moet ons wegdoen met skole en universiteite en net vakleerling tipe onderwys he.

  3. Ek hou daarvan om te dink dat ons voortdurend leer; soms leer ons “waarhede” aan, soms nie. Soms leer ons kortpaaie aan, of gewoontes van ander, sonder om self daaroor na te dink.

    Ons aanvaar maklik iets nuuts wat inpas of aansluit by ons huidige verstaan. Ons vertrou nogals ons intuisie (soms verkeerdelik) en as ons eerstehands ervaar dat iets werk, dan glo ons daarin. As ons kennis strook met die eksperts se sieninge, dan ag ons dit as “waar”.

    Maar wanneer iets wat ons geleer het, nie werk in die praktyk nie, dan verleer ons dit weer en ontwikkel beter vaardighede wat ons met trial and error aanleer.

    In die skolestelsel word daar baie gefokus op memorisering en die weergee van feitelike inligting. Die kennis-ekspert is die onderwyser wat jou geleerde kennis se “waarheid” verifieer. (Soos die inhoud meer kompleks word en vakke soos wiskunde meer abstrak, groei die gaping tussen skoolkennis en ervaringsleer dikwels, oftewel die gaping tussen “weet” en “verstaan”.)

    In gemeenskappe word daar meer gefokus op sosiale norme en waardes, tradisies, geloof, praktyke en feeste. Jy pas jou gedrag daarby aan, of rebelleer later as dit nie strook met jou eerstehandse ervaringe of ander kennis/verstaan van wat vir jou “waar” en “eg” is nie.

    In jou beroep leer jy wat “werk”. Jy leer die etos aan van jou kollegas, jy toets jou idees met hulle.

    >>

    Dus: jy leer konstant. Of dit wat jy geleer het, “waar” is, hang af van mense rondom jou; of hulle dieselfde verstaan as jy daarvan het – en of hulle “verstaan” geloofwaardig/bewysbaar is.

    Hoe jy dus toets of ‘n leerder iets geleer het, is deur hom/haar te vra om te verduidelik wat hulle geleer het en hoe dit by hulle bestaande kennis aansluit. (Die onderhandeling van verstaan, kan effektief in groepe gedoen word.) Onderwysers moet bedag wees daarop dat leerders ook verkeerde gevolgtrekkings aanleer en inoefen en glo – dikwels moet aangeleerde gedrag/kennis eers verleer word, voordat nuwe gedrag/kennis aangeleer kan word.

    Hoe jy besef of jy self iets geleer het, is deur krities te reflekteer – nie oor of jy geleer het nie, maar oor wat jy geleer het en hoe dit aansluit by jou huidige kennis, vaardighede en waardes.

    >>

    Dit is onder meer hoekom ek glo dat diversiteit ‘n bate is: hoe meer verskillende idees daar op die tafel is, hoe meer genuanseerd moet ‘n mens onderhandel wat die “waarheid” in ‘n gegewe situasie is. En soms moet jy selfs die legitimiteit van teenstrydige verklarings vir die “waarheid” of “werklikheid” kan aanvaar… en ‘n beskeidenheid ontwikkel vir die kennis wat jy het en tot watter mate die “waar”-wees daarvan afhanklik is van die konteks-spesifieke samelewing waarin daardie kennis geskep en gedeel word.

    Dit is dan ook hoekom dit so gevaarlik is om vir te lank in ‘n onkritiese homogene samelewing te wees – nie dat alle homogene omgewings onkrities is nie – maar as almal lyk en dink soos jy, dan leer jy nooit die ambivalensie aan van wat ons as “waar” beskou nie. Jy leer ‘n arrogansie aan, omdat die waardes, kennis en vaardighede in daardie groep so absoluut is.

  4. Sjoe, mapstieks, wat ‘n mondvol – ek het behoorlik ‘n oomblikkie stilte nodig om daaroor na te dink – wie weet, dalk is ek besig om iets te leer🙂
    Knap gedaan, mnr.muller!

  5. Blykbaar het Einstein gesê: “Education is what you have left after you’ve forgotten everything you had to learn”.

  6. Kinders leer op verskillende maniere – en daar’s verskeie maniere hoe jy weet dat hulle geleer het, deel daarvan – as hulle vir jou kan se ‘hoe’, ‘waar’, ‘hoekom’, ‘waarom’, – ek hou daarvan om vrae te vra [Assesseringsmetodes]- Hoe gaan jy te werk om dit of dat te doen, Waar begin ek om hierdie probleem op te los…waarom?…hoe nou volgende…? Waarom se jy…[ Daardie Bloom-tipe vrae – maak hulle DINK oor dinge en nie net aanvaar nie.] Ek hou van ‘n ‘debat’-tipe ‘leer’ ook. Hulle moet kan ‘evidence’ he van dinge as hulle ‘n standpunt gemaak het. Hieroor kan mens ‘n boek skryf, ek sal nie die boek wil skryf nie, daar’s te veel om te se. Landman het ook reeds die ‘wiel uitgevind’🙂 Ken, Ervaar, Weet, Wil, Dink – al daardie leer essensies – het my naargemaak om hulle als te onthou en te leer, maar hulle het vasgesteek! haha…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s