Ek het gister gestem; dus, as ek reg verstaan, mag ek nou kla.

Standard

Ek het gister gestem; dus, as ek reg verstaan, mag ek nou kla.

Veral twee onsinnige stellings wat gereeld in die verkiesingstyd gemaak is, kwel my:

  1. “As jy nie stem nie, mag jy nie kla nie.”
  2. “Elections are the life-blood of our communities.” (TV-advertensie)

>>

Dit grief my as sulke stellings onkrities herhaal word.

Ek waardeer die reg om te stem – wat insluit die reg om nie te stem nie.

Soms is dit beter, dink ek, om nie te stem nie. As jy nie glo in of genoeg weet van ‘n kandidaat om vir hom/haar te stem nie, dan is dit méér verantwoordelik om eerder weg te bly.

Maar sodra iemand ingestem is en betaal word om dienste te lewer, dan hoef daar nie voorwaardes aan gekoppel te wees om te mag kla of kapsie aan te teken nie. Elke individu het die reg om te eis dat sy/haar belastinggeld verantwoordelik aangewend word. As jy nie belasting betaal nie, mag jy nie kla nie, is dalk ‘n meer geldige stelling (alhoewel, ook dít bevraagteken kan word – seinde werklose mense, bejaardes en studente tog ook insae moet kan lewer?)

>>

Vanwaar dat stemmery kwansuis die “lewensbloed” van gemeenskappe is? Wat impliseer dié metafoor – dat gemeenskappe nie kan lewe sonder verkiesings nie?

Tog sekerlik is dit ‘n onjuiste oordrywing? Gemeenskappe bestaan uit mense, gesinne, families, tradisies – partypolitiek is maar laag op dié ranglys. As jy dan metaforiese taal wil gebruik, sê eerder “verkiesings is ‘n vinger op die pols van gemeenskappe – en dan ook maar net insake partypolitiek.

>>

4 responses »

  1. ek stem omdat ek glo die enigste manier wat ‘n demokrasie kan werk is om ‘n sterk opposisie te he, maak eintlik nie saak wie hulle is nie.
    sodra die regerende party voel hy kan mag enige tyd verloor, soos in die VSA en VK, word hulle op die tone gehou. die ideaal vir demokrasie is 51% vs 49%

    • @rosalind, ek stem saam dat ‘n eenparty-staat nie gesond is nie, maar soortgelyk dink ek ook nie die ideaal is noodwendig ‘n VSA tweeparty-model nie.

      Hopelik kom ons mettertyd uit by ‘n situasie waar die meerderheidsparty minder as 50% van die stemme kry; dan raak samewerking met minderhede ‘n noodsaaklikheid.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s