as die reën inspireer en weer verweer

Standard

Dit blits en donder. ‘n Vriendin in die Strand pos ‘n haiku op haar facebook-voorstoep. Dit vang die weer se wanklanke vas:

bliksemstrale skiet
seemeeue in fladdervlug
donderweer sidder

>>

Traag en lui sit ek elders in ‘n dorp vol verroeste blare en verstopte riole, ‘n ent weg van die see. Ek dink my die krysende seemeeue in en sien die wolkmassa opbou oor die gryse grou. Van my vriendin se stoep sak die reën in vlae oor die swart pad.

reën dreun neer
in klakkelose weersin
op tere gemoed

my haiku eggo
soos ’n hond se blaf. die wind
’n besem oor die sand

daar waar die stoep nat
en die wolke dig is hier
sweef die eggo’s nou

hoor hoe skreeu die meeu
luister: jy hoor haar verlangs
krys: ’n oop gebed

die lug hang swanger
swaar die grys, die krys
die pryssang en lof

tog verdof die glim
die rante van die wolke
versomber tot swart

en lig flits soos pyn
’n oopgevlekte leuen
soos die water breek

6 responses »

  1. hierdie vriendin behoort baie bevoorreg te wees dat sy iemand met soveel emosionele intelligensie in haar omgewing het, en dan nog boonop sulke ryk woordverwerking🙂

  2. Die ruwe natuur weerkaats as skoonheid in die mens se oë:
    Lightning Strikes - Grímsvötn Eruption, Vatnajökull, Iceland

    (Hieride is van iemand wie se fotografie ek met blydskap volg op flickr. Ysland lewer briljante natuurfotograwe op vanweë haar wrede geweld)

  3. Ek glo die beste inspirasie kom van de natuur af, soos weereens hier bewys. Dalk moontlik omdat dit so eg mooi is, perfek soos wat dit bedoel was om te wees. Ek onthou nog ‘n St.7 Aardrykskunde taak oor die weer getiteld : Die Hoëveldse Atmosferiese Simfonie.

  4. Ek het nou weer gaan loer na die oorspronklike Facebook-inskrywing nadat iemand my gevra het hoe lank elke haiku geneem het; hier die tydstippe waarop ek elke strofe/haiku gepos het, op 30 Mei 2011: (1) 23h26 (2) 23h32 (3) 23h34 (4) 23h37 (5) 23:39 (6) 23h48 (7) 23h54

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s