André die Ontdekkingsreisiger

Standaard

In ‘n onlangse sandbak-oefening het ek myself met hierdie Playmobil-mannetjie vereenselwig – ‘n ontdekkingsreisiger met ‘n oorgroot verkyker en ‘n groen tas vol van dít wat ek deurentyd met my omswerwinge aan die leer is:

In die opvolgbak wat ek daarná moes bou (wat my toekoms versinnebeeld), lê my tas begrawe in die sand onder ‘n boom (‘n droë seewier, regop ingedruk) wat ek laat groei het (dit was eers plat in die sand). Die verkyker en geel pet lê bo-op die hopie wat uitbult van die tas,  sodat ‘n volgende reisiger dit kan ontdek en opgrawe, en ten volle toegerus sy pelgrimstog kan begin.

Self sit die mannetjie salig, veel verder weg, rustig terug, met al sy avonture agter die rug, verlos van sy bagasie, gelate, tevrede, besig om die hier en die nou te geniet, langs ‘n wit kers wat flakkerend-sag brand, en kosmiese sirkels in die sand.

Vir ‘n oomblik huiwer ek en wonder ai, hoe sinloos al die ander voorwerpe wat in my eerste sandbak die wêreld volgestaan het (‘n kerktoring, vlag en ‘n hoekige motorkar) – ek moes selfs ‘n speelgoed-helikopter op die rand van die sandbak plaas om van die harwar te kon ontsnap…

Maar toe ek skerper kyk, sien ek al die indentasies, al die indrukke nagelaat van al die verskeie voorwerpe wat eers daar was. Wat hoekig was, is rond.

En dit was goed.

‘n Geleefde landskap.

Advertisements

2 responses »

  1. Voetstappe vervaag en hoekige kerktorings verrrond in die sand van tyd, net soos herinneringe van mense en dinge. Maar is dié sagter aanvaarding dieselfde as goedkeuring van wat was? “Do not go gentle into that good night”, André!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s