my landskapspoësie van die vroeë negentigs

Standard

In my standerd 3 (graad 5) gedigteboekie tref ek die volgende reeks rymende versreëls in drie strofes aan:

Bondels pers teen die verste kim
waar die heideveld teen die steiltes klim
Skerp teen die hemel uitgetand
lê die lyne diep teen elke rant

Donker en koel golf ry na ry
die diep, nat klowe waar die skadu's bly
en die sagte mos oor alles kruip
waar skugter soms 'n bokkie suip

Die berge troon bo die velde wyd
met aan sy voet die blomtapyt
En diep geheimenisse broei
waar die disa in die klowe bloei.


		

3 responses »

  1. Hoe dit ook al daar gekom het, was dit in elk geval waarskynlik die begin van jou pantoene en ander woordgevoelige verse.
    En jou gewaarwording van skugterheid.
    Volgens my beslis nie melodrama nie.

  2. Lyk vir my beitjie bo die deursnee gr. 5 kind se vuurmaakplek. Maar jy was nog nooit ‘n deursnee-persoon nie.

    Wieookal dit uitgedink het, ek dink dis nogal merkwaardig – en selfs meer so as dit uit ‘n gr. 5 kind se verstand ontkiem het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s