As sêr die gevaar van JOOL loop

Standard

Vanjaar se kampussêr-finaal was indrukwekkend; goed gereël met als wat seepglad verloop het. Op kampus is die sêr-uitdunne en -finaal immergewild; die sale sit vol van toeskouers; ‘n uithalergeleentheid.

Tog is daar ‘n sluimerende gevaar, vermoed ek.

>>

>>

Hoe meer die kompetisie-aspek gedryf word, hoe groter raak die risiko dat die essensie, die idee van sêr, verlore gaan.

(Ek het dit al in 2005 besef toe ek gehelp het met die reël van die “nasionale” sêr. Die wengroepe van vyf kampusse (tien sêrgroepe in totaal) het teen mekaar gewedywer om as wenners gekroon te word; ek het die optredes so gesit en kyk en net besef dat ons ver wegbeweeg het van ‘n groepie mans wat op die ingewing van die oomblik gaan troebadoer by iemand se meisie. Dit was kostuums, temas, gechoreografeerde danse, dikwels saamgeflans in die styl van ‘n revue.)

Van die geromantiseerde troebadoerery het daar min oorgebly. Sêrgroepe word vroeg in die jaar ná senutergende oudisies saamgestel. Die sêrleiers beplan hulle hele somervakansie lank om die regte liedjies te verwerk, en dan word daar kampe gereël, in stemgroepe verdeel en geoefen-oefen-oefen.

Basta met gaan optree by ‘n skool of vir ‘n ouetehuis – watwou as jy op die ingewing van die oomblik wil gaan sing by ‘n meisie se kamervenster! Ga, hoekom sal jy nou kosbare oefentyd op sulke trivialiteite mors?

>>

Onlangs op ons kampus is JOOL gestop. Die prettige student fun with a purpose was bloot nie meer lekker nie; en die doelwitte – om te wen – nie relevant nie.

Opsigself is daar natuurlik niks fout daarmee om ‘n storielyn aanmekaar te flans, ‘n toneelspel aanmekaar te sit en ‘n vlotoptog te hou ten aanskoue van die breëre gemeenskap nie. Maar die idee van JOOL is uit die oog verloor.

Sodra jy probeer om té graag te wen, dink ek, dryf jy weg van jou eintlike missie: dan bestee jy te veel geld op klank en ligte, koop kostuums aan, ens.

>>

Sêr staan op dieselfde breekpunt as JOOL, vermoed ek.

Al wat kort, is dat ‘n wengroep moet besef wen opsigself is nie ‘n waardige doelwit nie. ‘n Groep wat bereid is om te sê Nee, ons wil nie julle voorgeskrewe liedjie sing nie en weer die ware tradisie agter die geïnstitusionaliseerde praktyk te vind.

The tail is wagging the dog on this one, just as with RAG.

>>

Foto © http://bravenboer.co.za/

4 responses »

  1. Ai-jai-jai-jai-jai. Dit laat mens wonder oor die hele samelewing – waar en wanneer sou daar ‘n keerpunt wees?
    Met heimwee dink ek terug na 1972 toe mans en meisies nog vir mekaar gaan sêr het in Potchefstroom. Dalk moet dít weer deel van die kompetisie word… maar hoe sou ‘n mens (hulle wat wil) dit beoordeel, die kwaliteit daarvan bepaal?

  2. Ek dink jy het ‘n baie goeie punt beet. Ser is nie ser as daar so in sale opgetree word en kompetisies gehou wod nie. Noem dit liewer koshuissangkompetisies of so iets, maar bring die romantiese ser onder die kamervenster terug! In my dae was daar nie serkompetisies nie, maar wel baie serre! En dit was lekker om so ‘n serenade te kry!

    • Hm, ek hou tog van ‘n sêrfees: met handeklap en gelukwensinge; maar die kompetisie-deel, voel dit my, is oorbodig. Jou wenprys is die skare se waarderende applous; koshuistoeskouers wat straal van die trots. Ander sêrgroeplede wat jou op die skouer klop.

      Deel van die beoordeling tans, is darem nog ‘n gesingery by vroue- en manskoshuise, nes die JOOL se vlotoptogte nog deur die dorp se strate beweeg het – maar dis amper asof dit sekondêr geword het tot optredes in die Endler – waar die kriteria en reëls verder nog deur die “nasionale” sêr se kampusorganiseerders (soos met die JOOLkomitee destyds) voorgeskryf word.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s