die legende van die meermin se meeue

Standard

het jy gehoor?
: van die wal-
vis
wat seemeeue tans tem?
- en seebamboes vleg?

... sy is moeg geswem: sy droom
van die lug
en die switserse waters: suiwer en dwars smelt die gletsende kraters

die meeue moet vlieg: sy sal lê op haar rug
eendag is eendag, dan kom sy dalk terug -

... vir eers is sy rustig en lag soos 'n kind;
haar seebamboes-hangmat waai sag in die wind ...
(a, vreemd is die switsers, dalk vol van lawaai, maar sy sal hul guns wen:
haar stert vir hul' swaai)

'n meer vir 'n see, die meermin van sand
die meermin van sneeu in 'n verre land

die sneeu-
meeue moet vlieg!
... sy sal lê op haar rug
eendag is eendag, dan keer sy dalk terug -

verbeel jou die gras: die groen en die geil -
die heuwels met koeie, die berge so steil.
: die klokke sal beier, die koeie sal bulk
en sy sal
sag neer-
daal, sag
soos die wind

ja, die meeue moet vlieg, sy sal rus op haar rug
die wolke is water, haar kolkende vlug

die seebamboes-heimat, die hangmat sal hou
sy vlieg na haar son toe
die see hier is grou.

het jy al wraggies gehoor van dié frau?
die meermin
van die
suidkus
hier in die kou'?

: sy het blykbaar tientalle sneeumeeue getem
en vlugtig van doer tot hierso geswem!

Die switsers was skepties, min wou dit glo
'n Walvis ten hemele, hoe bly dit bó?

... maar soms as die mis oor die mere kom kruip
dan hoor hul' 'n walvis wat water opspuit

Kan dit dan wees?
Wie sal dit glo?
'n Suiderkruis-walvis
'n Meermin van bo?

die meeue moet vlieg: sy sal lê op haar rug
ja, eendag is eendag, dan vlieg sy dalk terug -

One response »

  1. Ai, pragtig. Eendag sal jy maar moet kom toer in Switserland – the reluctant tourist, wandering in his thoughts, getting lost🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s