Daily Archives: September 16, 2011

die gemak van potlood en houtskool as iemand naak voor jou staan

Standaard

Ek het die afgelope vyf weke vier modelle vir twee ure lank geteken. Dit is tien ure se naaktheid meer as waaraan ek gewoond is as vrypostige enkeling/alleenlopende vrygesel/sad lonely person. En dit is anders as die keer in ‘n Switserse sauna toe ek my blik maar grondwaarts toe gekeer het.

Hier sit, staan en strek die modelle soos die sketsers beduie en jy kyk stip na elke bult en beweging om dit binne enkele potloodlyne vas te vang. Daar is nie tyd vir drifte of drange nie; jy skets. Hoe vreemd die besef tussen grritsende klanke – ons is almal kaal onder ons klere. En ons almal se onperfekte lywe is ewe pragtig, fassinerend en mooi. En skielik, terwyl die Adam strek of Eva lê, is ons almal terug in ‘n tuin van Eden, tussen esels.

En dit is doodnormaal.

Advertisements