Monthly Archives: November 2011

Woordemoes

Standaard

Met my vorige paar inskrywings het ek ’n klompie gedigte gepost wat ek vinnig geskryf het ná ’n  rondspelery op wordle. Wat ek doen, is ek copy en paste twee of drie gedigte (of ander stukkies teks) in, laat die program ’n woordemoes-prentjie skep, en gebruik dan die woorde om in versreëls iets nuuts te konstrueer: lekker postmodernisties as jy my vra: something old, something new, something borrowed, something blue.

Kyk gerus na my woord-stimulus inskrywing en speel saam; basta met die diepere dinge – om digterlik te leef, beteken nie jy hoef ’n grootse digter te wees nie – en om skeppend te wees, beteken nie jy hoef als nuut uit te dink nie. Kreatiwiteit en heelbrein-dink gaan ook daaroor om ouerhede te vermeng met nuwe gedagtes. Kyk gerus of die stimulus vir jou werk.

Speel saam! Skommel sommer jou eie skryfsels in die wordle-blender (die woordverwerker) en kyk watter nuwe kombinasies kom op! Sodra vreemde woorde verrassend langs mekaar staan, spring jou brein in overdrive om ’n kreatiewe konneksie te skep. And that is when the magic happens.

Sensus-opname

Standaard

kleef soos ontbinding aan my vas
geliefde
dat ons die verligte stene op mekaar kan pak
soos sonlig
gee momentum aan my doodsteek
sodat die ware reptiele van die waters
kan verbrand tot taal
die eenvoud is aangeraak hier
om die volledige troos daarvan uit te spreek
om die engele te laat fluister
die (o)opgesoekte skoonheid van besef
(die vloeibare kwade probeer ons tot morele uitdrukking gee hier)

jy het gelyk
alleen geboorte gegee
aan ons gemeenskap

Wie sal die rok van die diere dra?

Jou dag toe lewe

Standaard
Jou dag toe lewe

Die huis hoor hoegenaamd
Nie jou leë blomme nie
Jou moeë takke wat swerf in die lig

Soos dooie bome

Mensheid
jou gesig woon in vreemde einders

(die grein van oneindige blou lug
deur skrefies strooi)

En die tuin kraak onder die tafereel se gewig
ineens groot en koud die leë bed
van omgedolfde sand

want die dag sterf vlietig
nou
die sekel hang latent in die lug

En dit ontgaan my wat ek wou sê
ek leer liefs stil-stil sterf

die lushof van vergeet terwyl die kappertjies blom

laat die leiwater loop | Opdam

Standaard
laat die leiwater loop | Opdam

waar die dubbelsinnigheid
jou vaak maak
en die aarde ontmoet
so slaap die bliksems al denkende
eenders in hulle bronsende wense
en sluit die sleutels van die voedertaal
in gevalle spoke toe
o, die sluimerende spreekbuis, laat jou vure smeul
hier versier ons ons huise met vlamme van vadere en slapende hoofde
jy het gelyk
maar soos riviere strate trap
só glo ons vanaand in pluimende stene en bou aan die almag van later
(laat die leiwater loop)