woord-stimulus: skryf gerus ’n gedig

Standard

>>

Neem gerus hierdie woorde, skommel hulle rond, verpak dit in haiku of  ’n pantoen – kyk of jy iets digterliks kan doen!

15 responses »

  1. Stil-stil sterf die lug terwyl die sand oor kappertjies kraak
    Jou blomme gestrooi oor my bed swerf vlietig oor die einders
    van ons mensheid
    Die oneindige lushof waarin my tuin omskep sou word
    het in ‘n leë dag met ‘n moeë sekelmaan
    vergaan
    Omgedolf is my latente liefdestafereel
    ineens koud die grein
    leë skrefies
    dag

  2. O hoe droefgeestig😦
    En tog is ek bly oor hierdie stimulus, want dit het skielik gehelp dat ek woorde kry en “closure” oor ‘n verhouding wat al 15 jaar gelede onvolledig tot ‘n einde gekom het.
    Dankie mnr.muller🙂

  3. Die maan sekel skrefies lig
    op die koue sand
    en ek swerf vlietig deur dooie stil-vreemde einders –
    en sterf ‘n bietjie.
    Die lee strand-
    die lee mensheid….
    Is dit die oneindige
    tafereel van die lewe?

  4. Jou dag toe lewe

    Die huis hoor hoegenaamd
    Nie jou leë blomme nie
    Jou moeë takke wat swerf in die lig

    Soos dooie bome

    Mensheid
    jou gesig woon in vreemde einders

    (die grein van oneindige blou lug deur skrefies strooi)

    En die tuin kraak onder die tafereel se gewig
    ineens groot en koud die leë bed
    van omgedolfde sand

    want die dag sterf vlietig
    nou
    die sekel hang latent in die lug

    En dit ontgaan my wat ek wou sê
    ek leer liefs stil-stil sterf

    die lushof van vergeet terwyl die kappertjies blom

  5. sjoe, maar ons is depressed!! Kom ons probeer weer:

    Ag, ek het weer leer lewe
    met jou sagtheid soos blomme oor my gestrooi,
    jou bont blomkappertjies in ons tuin,
    jou gesig ‘n lushof van teerheid.
    jou hart oneindig groot van liefde.
    Ek lewe in die lig van jou blou blou oe.

  6. Pingback: Woordemoes « mnr.muller

  7. stil-stil sak ’n oneindige vreemde om ons heen
    die kappertjies se groot gelag hang soos ’n sekel en vibreer
    in ’n vlietende oomblik
    tot self-verweer

    ek sou wou blomme strooi waar jy loop
    maar die omgedolfde pad hier is koud
    jou voeteval klink leeg en
    stil-stil sak ’n oneindige vreemde om ons heen

  8. Pingback: speel langs roomyse « mnr.muller

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s