belydenis | Ars Poetica

Standaard

mag die maagd maria haar bene oopsper vanaand
en ’n digter die lewe inkraam
ja, baar vir my ’n goddelike kind
’n slet waarvoor die skaapwagters hulle skape sal slag

en ’n digter die lewe inkraam
wat wulps en wys die manne sal verlei
’n slet waarvoor die skaapwagters hulle skape sal slag
’n hoer van die nag

wat wulps en wys die manne sal verlei
ja, baar vir my ’n goddelike kind
’n hoer van die nag
mag die maagd maria haar bene oopsper vanaand
Advertisements

23 responses »

  1. By nadenke het ek gewonder of ek nie te kras omgegaan het met die woord “kru” hierbo nie.
    ‘n Soektog in my woordeboeke het gebring wat ek wou sê, watter woorde die gevoelens wat hierdie gedig by my opgewek het, vergestalt:

    1) Die etimologiese woordeboek sê dat “kru” kom van die Nederlandse “cru”;
    2) Die Nederlandse woordeboek sê “rou, hard, skril, ongesout” – dit lyk of dit ook verband kan hou met “cruciaal” = deurslaggewend, beslissend, kritiek;
    3) Die Tesaurus noem ‘n hele lot woorde waarmee ek myself vereenselwig in hierdie verband: onbeskaamd, onbeskeie, sonder om te blik of te bloos.

    Dit alles herinner my aan wat DJ Opperman gesê het, naamlik: “Kuns is boos”.

    Ek lees verder die eerlikheid van mense soos Antjie Krog en Breytenbach hierin en ek salueer jou vir die moed om te sê wat gesê moet word. Dit maak my nuuskierig om nuwe digters se werke te lees. Nuwe stemme dus, sonder tierlantyntjies, sentiment of romantiek. Brutaal en boos, maar nie vieslik nie.

  2. Hemel, hoekom kan ek nie hierdie gedig uitlos nie – ek keer terug en lees dit weer en weer.

    Eintlik verkondig ek self die respons-estetika, d.w.s. dat ‘n mens as leser sê wat die gedig aan jou doen, en nie wat dit ís nie. En ek verkrag my eie beginsels aanhoudend hierbo.

    Ook wens ek dat ander mense wil deelneem sodat ek nie alleen praat nie, ek wil nie alleen hierdie virtuele ruimte inneem nie.

    Die gedig ontstel my, dit laat my wonder en ek voel eensaam omdat ek nie daaroor kan práát nie! Miskien ontlok dit kras gedagtes, gevoelens en woorde in my…

  3. Wag-wag-wag, moenie dink jy (julle) praat alleen nie. Ek het gehoor van hierdie gedig en wil saampraat. Ek lees nie baie gedigte nie, maar hierdie een “tickle” my.
    Volgens Wikipedia is Minerva die maagdelike godin van poësie. Nou wonder ek hoekom die digter hier die maagd Maria invaar (by wyse van spreke). Is hy/sy eintlik (Christelik) godsdienstig van agtergrond? Of maak agtergrond nie (meer) saak nie?
    Verder is die beelde nogal amper blasfemies, maar dit praat wel met my want dit is konsekwent (“consistent”). Sou ook sê hier is ‘n nuwe stem. Defnislis onfatsoenlik.
    Maar ja, dit praat met my. Ek sal nog hieraan kou vir ‘n rukkie.

  4. Flapoor, welkom – darem nog ‘n stem:
    Terwyl ons van woordeboeke gebruik maak, bedoel jy regtig “onfatsoenlik”? Die HAT beskryf dit as “onbehoorlik, nie netjies nie”…
    Bedoel jy nie eintlik “onkonvensioneel” nie? Ek dink die gedig is netjies afgerond. Toe ek weer gaan kyk wat ‘n pantoen is, lyk dit of die gedig netjies hierin pas.
    Kou gerus verder voort.

  5. Ag nee nou is ek net te laat om die metafoor van “monologg in stereo” te laat werk. Laat ons dit dan maar ‘n ménage à trois maak.

    Ek ken André as iemand wat reaksie wil uitlok en hou van terg, so ek vat die skok-waarde hiervan met ‘n knoppie sout. Maar tog dink ek ook daar sit genoeg eerlike waarheid hierin wat vir my braaf en treffend is, en ek kan myself ook in die skrywer se skoene laat staan en dieselfde emosies voel (dink ek).

    Maar goed kom ons stel dat ek niks van die digter sou weet nie. Dan kan ek nog steeds iets hieroor sê.

    Natuurlik skok dit. Dit skok want daar is full frontal nudidy van ‘n realistiese vrou – skaamhare en al. Dit is nie iets wat ‘n mens normaalweg in die openbaar so konfronterend alledaags sien nie. Dit skok ook omdat dit die konsep van ‘n suiwer vlekkelose mitiese Maria deur die “modder” van geweld en seks sleep. Haar beeld in ons kollektiewe geheue verdraai en dekonstrueer. En daar is ‘n element van pedofelie hierin. Die skrywer (wat ons aanneem ‘n volwasse man is) verlustig homself in fantasieë oor ‘n suigeling.

    Ook ‘n lekker klomp kontraste wat die verstand laat regop sit en rebelleer – sagte rustige skape wat uit wellus wreed geslag word. Bene wat oop maar terselfdetyd “gesper” is. ‘n Maagd wat haar bene onseremonieel en sonder romanse oop”sper”. ‘n Wyse digter wat nie verryk of onderrig nie, maar verlei.

    Vir my is die gedig ‘n stelling dat ons ons aannames moet konfronteer. Digkuns is nie noodwendig edel nie, en wat onskuldig lyk nie noodwendig onskuldig nie. En ons soek almal die mees menslike tipes bevrediging. Geen heilige koeie nie. Ek dink die gedig is ‘n sukses. Maar nie “mooi” nie.

    • ek sien wat jy bedoel…
      Terug na my woordeboek: HAT sê pedofilie verwys na ‘n “afwyking waarby kinders voorkeur as seksobjek kry” – vir my gaan dit hier om die gedig wat geskep word, dat dit goddelik (verhewe) sal wees, maar ook kinderlik (speels, vry).
      Nou is daar natuurlik soveel interpretasies moontlik as wat daar lesers is, joune is so geldig as myne.

  6. Wel die maagd maria het jesus in die lewe ingebring.

    digter = jesus, hy het tog in vergelykings gepraat.
    mens sou kon se God / Jesus is die goeie skaapwagter, maar dit pas nie.
    So eerder
    skaapwagters = priesters

    skape = volgelinge
    slag = doodmaak = nuwe lewe
    So as die skaapwagters die skape slag is hulle seker besig om hulle volgelinge te vertel van jesus en hul dus te bekeer en nuwe lewe te gee.

    En dan die finale kruisiging
    Jesus is ‘n totale slet.
    Hy sal vir enige iemand sy liefde gee.
    En hy moet die skaapwagters wulps en wys verlei of eerder oortuig van sy nuwe testament
    sodat hulle dit kan versprei.

    Die rerige kontras is hoe mooi hierdie gedig gekonstrueer is teenoor die vernietiging was jesus veroorskaak het.

  7. (Een van die aspekte van ’n pantoen waarvan ek veral hou, is dat dit die “tydsverloop” van ’n gedig omverwerp: die wat eerste is, sal laaste wees.

    In ons westerse digvorme is ons gewoond aan die eenrigting-kontinue verloop van tyd – en in die lees van ’n gedig word ons gelei deur die opeenvolging van versreëls. Maar met ’n pantoen herhaal elkeen van die ses “oorspronklike” versreëls ’n tweede keer in ’n “nuwe” konteks wat beteken dat die tydsverloop en kousaliteit (oorsaak-en-gevolg) ’n sikliese gevoel verkry a.g.v. die enjambement (die oorloop van een versreël na die daaropvolgende).

    Wanneer en waarvoor sper die maagd haar bene oop? Vir ’n seksdaad? Of vir geboorte-skenk? Wat gebeur as die leser die eerste reël op ’n ander wyse as die laaste ene interpreteer? Wie is die hoer? Wie is die kind? Wie verlei vir wie?

    En hoe maak ons met die digter wat met sy pen die arme maagd se bene oopwens? Wie skenk geboorte aan wie?)

  8. Hoogs onwaarskynlik dat die skaapwagters vroulik was of dat dit die assosiasie in enige leser se gemoed sal wees. Ek dink die stoute digter weet dit, wink wink nudge nudge.

  9. Hm, weet nou nie of dit gepas is om DH Lawrence aan te haal nie, maar ek doen dit nietemin:

    “Why were we crucified into sex?
    Why were we not left rounded off, and finished in ourselves,
    As we began,
    As he certainly began, so perfectly alone?”

    …ek moet ook noem: met my aanvanklike eerste skrywe was die tweede versreël: “dogter” en nie “digter” nie: my eerste gedagte was hoe dit sou wees as die Christusfiguur eerder ‘n vrou sou wees.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s