(gedagtig aan my krioelende dood)

Standard
Daarom alleen woon jou gesig
Afgestem op die dikwels vreemde bietjies hemel wat woon

sal die miere ook my oë uiteet
soos die duiwe s’n op die gras
of die eekhoring: leweloos en stil?

: die vliese tot my siel
: die albasters van my hart

as die vel van my lyf om my beendere vlek
: dun en sag word
: deurskynend en geel
my gesig verrimpel tot ’n strakke skedel-vorm

… sal dit my oë wees wat eerste gaan?
soos lammers s’n wat kraaie uitpik (of seemeeue langs die kus)
waar ek grafstil lê in ’n kis en verrot
: my beendere kalkwit

sal my ooglede holtes niks verberg
insak in die leë (ver)trek
op my muwwende geheue gaan lê?

(en wag vir die wind)

gedagtig aan my krioelende dood

One response »

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s