Category Archives: Life Skills

Los praatjies rondom die huidige matriekvak Lewensoriëntering

Seks, skeermeslemmetjies of soeke na sin?

Standaard

Dis binnekort tyd vir my volgende Life Skills post.

Ek het nou al onderwerpe aangeroer oor geloof, cool wees, seks met skoolmeisies, gay-wees, beroepe, vryheid, vryery, integriteit, sosiale rokery, fokken gevloekery, en hoe om jou drank te handle.

Watse onderwerp wil jy hê moet ek volgende aanroer?

Hm?

Life Skills #14 – is gay-wees sonde?

Standaard

lewensorientering-logoDikwels voel dit vir leerders asof die vak Lewensoriëntering (LO) slegs oor Apartheid, sokker en VIGS gaan, maar ek glo darem ons het hierso (onder Life Skills) al ‘n paar ander onderwerpe ook gedek: van rook,  drink, vloek, vry, seks, tot werkgeloofintegriteit en ontspanning.

In vandag se blogpost werk ons met ‘n raakvlak tussen religieuse studie en seksvoorligting – soos dikwels die geval in alledaagse gesprekke.  Die besprekingsvraag is: Is gay-wees sonde? 

Hoe beantwoord ‘n mens so ‘n gelaaide vraag?

Op ‘n blogruimte, of in ‘n klaskamerbespreking, of om ‘n braaivleisvuur, is dit belangrik om seker te maak wat bedoel word met ‘n vraag.

Ons is gewoond daaraan om vinnig antwoorde te moet gee op vrae: “Ja!” of “Nee!” of “Dalk.” of “Whatever.”  Meeste vrae in klastyd toets slegs kennis, en vriendekring-vrae is selde bedoel om kritiese besprekings uit te lok; dit toets eerder of jy en jou pelle op dieselfde golflengte is.

Tog is dit sinvol om, as jy ‘n kritiese gesprek wil voer, eers seker te maak wat presies met ‘n vraag bedoel word. 

Breek ‘n vraag op in dele

In die vraag “Is gay-wees sonde?” is daar twee gelaaide terme: “gay-wees” en “sonde”. 

Los eers gay-wees uit die vraag, en vra: Wat bedoel ons met “sonde”?  En los dan daarna die sonde-deel, en vra weer: Wat verstaan ons onder “gay-wees?”.

Problematisering van die konstruk “sonde”

Uiteraard, soos ons in ons vorige gesprek oor gelowe en siele gepraat het, is die meeste woorde wat te make het met godsdienste, ‘n bietjie vaag en moeilik om te definiëer.

Een van hierdie godsdiens-tameletjies is die idee van “sonde”, met sy gepaardgaande afleidings t.o.v. “hel” en “satan” en ‘n “veroordelende godheid”.

Dus, as jy ‘n vraag vra oor “Is … sonde?” dan moet jy eers seker maak wat met “sonde” bedoel word.  En as jy van die definisie verskil, dan moet jy eers dít uitklaar voordat jy die specifics van die vraag kan beantwoord.

Hoekom word die vraag gevra?

Gestel jy en jou maters praat oor sonde.  Waarom praat julle daaroor?  Is julle besig om te wonder of iets (gay-wees, voorhuwelikse seks, videospeletjies, ‘n wit leuen vertel, moord pleeg, pornografie kyk) reg/verkeerd is volgens jou religieuse tekste?

Of is julle besig om ‘n saak uit te maak om iemand anders te spot en/of te veroordeel/uitkryt as ‘n sondaar?  (Dalk wil jy dan jouself eerder uit die gesprek onttrek?)

Indien jy werklikwaar wonder oor die vraag vanuit ‘n geloofs- of morele oogpunt, dan maak dit waarskynlik sin om wat jy onder “sonde” verstaan, nog verder te verfyn.

Verfyning van die konstruk “sonde”

Probeer so duidelik en ondubbelsinnig uitklaar wat julle met “sonde” bedoel.  Vra jy eintlik of dit moreel regverdigbaar is, d.w.s. of daar iets “verkeerd” is met die aksie, of wil jy weet of dit spesifiek volgens die Torah of Qu’ran of Bybel en Veda verdoem word?

Wees ook duidelik ten opsigte van watter denominasionele beskouïnge jy as vertrekpunt gebruik al dan nie.  D.w.s. as julle almal Grieks Ortodoks Christelik is, dan kan julle vanuit daardie oogpunt die saak bespreek, maar as een outjie Rooms-Katoliek en die ander ou agnosties en die ander ene NGK is, dan sal julle waarskynlik met ‘n meer algemene (d.w.s. ‘n minder geloofspesifieke) definisie vorendag moet kom, sodat julle van dieselfde idee van “sonde” kan praat.

Problematisering van die konstrukte “gay” vs “straight”

Daar is baie stereotipes oor gay mans wat met flappende handjies hare sny.  As jy wil praat oor gay-wees in die breë, moet jy seker wees hoe jy dié groep definiëer: sluit dit mans en vroue in?  Praat jy van anale penetrasie of bloot verlief wees op iemand van dieselfde geslag?

Beskou jy gay- en straight-wees as twee diskrete opsies wat jy t.o.v. seksualiteit het, of lê jou oriëntasie op ‘n kontinuum tussen twee uiterstes vanaf baie verfynd tot baie butch?

Beskou jy gay- en straight-wees as ‘n keuse of van genetiese oorsprong, of as ‘n kombinasie van die twee (genetiese predisposisie met ‘n mate van besluitneming)?

Verfyning van die konstrukte “gay” en “straight”

Voor jy kan debatteer of gay-wees sonde is of nie, moet jy eers kan ooreenkom t.o.v. van wat gay-wees is.

Weereens, as jy heelwat verskillende mense het wat deelneem aan die gesprek, sal jy dalk op ‘n meer algemene definisie ooreenkom, soos: mense wat dit verkies om in ‘n intieme verhouding met ‘n persoon van dieselfde geslag te wees.

Voor jy ‘n opinie waag, oorweeg eers die teenoorgestelde

Is gay-wees heilig?  Is straight-wees sonde?

Probeer om argumente vír en téén dié vrae te skep.  Ja, gay-wees is heilig, want in die Griekse tydperk het filosowe soos Plato en Sokrates mansliefde as die hoogste vorm van liefde aangeprys.  Verder is en was van ons mees beroemde kunstenaars gay, of dit nou Michelangelo of Leondardo da Vinci was, of Freddy Mercury en Elton John.

Nee, gay-wees is nie heilig nie – ‘n mens kan nie heiligheid aan seksualiteit koppel nie.  Inteendeel, in vele gelowe moet monnike selibaat bly – enige intimiteit, hetsy met ‘n man of ‘n vrou, is dus taboe as dit by heiligheid kom.

Ja, straight-wees is sonde: mans wat roekeloos by vroue slaap soos die media dit alledaags voorstel, veroorsaak ongewensde swangerskappe en versprei VIGS in Afrika en lei tot seksuele diskriminasie in die werksplek.  Die tipiese mans- en vrouerolle is barbaars en ongekultiveerd en boos.

Of nee, straight-wees is nie sonde nie: dit is die natuurlike wyse van voortplanting by die mens en dier.  Daarom kan jy hom/haar nie a.g.v. sy/haar straight-wees oriëntasie veroordeel nie.

seunssoen-teen-n-glasruit

Ná dié denkoefening, waag jou opinie – en dink aan ‘n voorbeeld, maar wees oop vir teenargumente

Dalk wil jy sê: Ja, gay-wees is onnatuurlik.  Die vagina en penis vul mekaar logies aan en kan lei tot die voortplanting van die mens.

Maar dan moet jy bereid wees om te luister na biologiese teenargumente.  ‘n Man het ‘n g-spot via sy anus.  In die diereryk het jy talryke voorbeelde van homoseksuele gedrag by diere.  Seks by die mens (en sekere ape, dolfyne) is nie net vir voortplanting nie.

Jy kan slegs ‘n religie-spesifieke standpunt aanvoer as almal daarop ooreengekom het, bv. dalk voel jy: Die Bybel sê homoseksualiteit is ‘n sonde.

Omdat julle dan vooraf bepaal het dat die Bybel ‘n geloofwaardige bron is, sal iemand anders miskien die betrokke verwysings kontekstualiseer: Destyds is vroue se rol t.o.v. voortplanting anders gesien as vandag.  Tóé het hulle aanvaar ‘n kind word gebore uit die “saad” van die vader, geplant in die “vrugbare grond” van die moeder.  Enige semen wat dus vermors is, is as ‘n vermorsing van lewe gesien, en dus as sonde.  Ook, wanneer daar van homoseksualiteit gepraat is, het dit gepaardgegaan met sodomie en promiskuïteit.  Nêrens word ‘n liefdevolle selfde-geslag verhouding soos vandag algemeen voorkom, in die Bybel verdoem nie.

Identifiseer tekorte aan kennis/inligting/begrip

Net omdat almal in ‘n groep saamstem oor iets, beteken nie dis waar nie.  Dis goed om te debatteer, maar wees altyd bedag daarop dat jou konstruk van iets (sê-nou-maar gay-wees) bloot nog nie breed genoeg uitgebrei is nie.

As jy byvoorbeeld geen doktors of prokureurs ken wat gay is nie, maar net hair dressers en waitors in die Kaap, dan kan jy onmoontlik nie tot ‘n baie wyse gevolgtrekking kom van wie en wat en hoe gay-mense is nie.  Want dan het jy geen betroubare ervaring van of insig in gay-wees nie.

Netso kan jy vind dat jy dalk te min weet van wat sielkundiges, teoloë of bioloë hieroor te sê het, en agterkom dat jy dalk eers ‘n bietjie leeswerk moet gaan doen.

Die Grondwet en antwoorde op moeilike vrae

Die wêreld is vol stereotipies en vooroordele.  Veral organisasies wat voorgee om te weet wat “Reg” en “Verkeerd” is, sal dikwels stereotipes bevorder en sekere mense verwerp.

In die era van demokrasie, waar vryheid en die reg op lewe as fundamentele regte in grondwette wêreldwyd vasgepen is, beantwoord ons dikwels moeilike vrae deur aan die individu die vryheid te gee om self oor die uitleef van sy/haar seksuele oriëntasie/geloof/kultuur te besluit.

Die Suid-Afrikaanse Grondwet skryf derhalwe nie vir ons voor watter geloof “waar” is, of watter seksuele oriëntasie “reg” is nie.  Ook is een ras of kultuur nie “beter” as ‘n ander nie.

Regte kom met verantwoordelikhede.  Jou vryheid om te sê gay-wees is reg en Boeddhisme is goed en Heiligabend moet gevier word, is afhanklik van medemense wat jou dié keuses onverhinderd gun.  (Mag jy ook die nodige respek, verdraagsaamheid en empatie hê om dié verantwoordelikheid na te kom.)

Life Skills #13 – Het die mens ’n siel?

Standaard

Het die mens ‘n siel?

Samelewings oor die eeue heen het al in verwondering gepeins (nagedink) oor die verganklikheid (sterflikheid) van die mens.

Stof tot stof…

Van die vrae is: Wat bly oor van ‘n persoon wat in vlees en bloed – liggaamlik – sterf?  Wat bly “lewendig” nadat jy jou laaste asem uitblaas?  Het jy ‘n siel?

As tot as…

Wetenskaplik kan ons nie bewys dat ‘n “siel” bestaan nie.  Ons kan wel sê dat jou persoonlikheid gedeeltelik ingebed is in jou DNA en dat jou denke uit neuronverbindings bestaan.

Ook kan geestelike leiers dikwels nie presies opnoem wat hulle, buiten vir denke en/of persoonlikheid, met die konsep “siel” bedoel nie, en hoe dit van “liggaam” en “gees” geskei is, of tot watter mate die drie met mekaar geïntegreer is al dan nie.

Tog is dit gerieflik om van ‘n “liggaam”, “siel” en “gees” te praat; ons sien dit op Oprah en lees daarvan in populêre tydskrifte.  Duidelik het die mens ‘n spirituele/geestelike behoefte.  En is dit taalgewys handig om ‘n (unieke) “siel” binne die vae parameters van ‘n geestelike dimensie te definieer.

Die behoefte om te glo

Die mens het so ‘n geweldige vermoë om lief te hê, dat ons dit moeilik kan aanvaar dat die volle rykheid van ‘n individu se lewe net eensklaps kan verdwyn.  Ophou bestaan.  Ophou wees.

Daarenteen bied dit ons ‘n vertroosting dat ‘n siel kan voortbestaan, hetsy om gereïnkarneer te word, of om op te vaar hemel/af te daal hel toe, of om deel van die kosmiese niet te word.

Ook, omdat die mens se brein die vermoë het tot verbeelding, voel jou denke dikwels so ver verwyderd van jou liggaamlike, dat jy maklik genoeg kan indink dat daar ‘n geestelike dimensie is wat nog wyer as jou gedagtes strek.

Om te glo is beter as om nie te glo nie

Alhoewel ons nie kan bewys dat daar enige goddelike wesens is nie, het daar baie religieë oor die eeue ontstaan wat juis dít as uitgangspunt neem.

Oral om ons, sal hulle aanvoer, kan ‘n mens die skeppingsprag van ‘n godheid sien.  Dit wil voorkom asof lewe hier op aarde op ‘n intelligente manier ontwerp is, en nie net toevallig gebeur – of ontwikkel het nie.

Ons kan ook na vele spesies hier op aarde kyk, en indink dat daar ‘n wese groter as ons is.  Kyk jy byvoorbeeld na ‘n rondskarrelende mier, kan jy maklik veronderstel dat ons, as mense, maar soos miere vanuit ‘n goddelike wese se perspektief is: salig-rondskarrelend onbewus van die grotere heelal rondom ons.

In geloof is jy gebore…

Voordat ons kan dink of praat, word ons alreeds in ‘n gesin, en dikwels in ‘n geloofspesifieke kultuur gebore.  Soos ons leer kruip en praat, word ons alreeds gedoop of besny, moskee toe gesleep of van hare krishna vertel.

Ons het weinig invloed in ons ouers se keuse oor hoe ons opgevoed word en na watter skole of kerke/moskees/tempels ons gestuur word.  Ons word met Bybelverhale en Liewe Jesus groot, of woon Bar Mitzvahs by of neem deel aan Ramadan.  Of word volledig sekulêr (nie-godsdienstig) groot.

Demokrasie en facebook-opsies

Daar is ‘n magdom verskillende religieë en gelowe in die wêreld.  In die nuwe (matriek)vak, Lewensoriëntering, gaan jy te make kry met die grootste gelowe: Hinduïsme, Boeddhisme, Jodedom, Christendom en Islam, maar daar is nog ‘n verskeidenheid ander religieë (en denominasies) en gelowe/filosofieë wat jou ‘n leeftyd lank kan besig hou.

Kyk maar net na al die opsies wat jy onder jou facebook profile kan lys, vanaf sekulêre humanis tot vriendelike ateïs.

Binne ‘n demokratiese opset hanteer die Grondwet alle gelowe gelyk.

Om te glo, is oneerlik

Wanneer jy tiener word en besig is om volwasse te raak, begin jy om oor baie sekerhede van jou kinderjare te twyfel.  Jy begin besef dat jou ouers ook feilbaar is, dat die Bybel, Qu’ran en heilige geskrifte deur mense geskryf is, en dat daar debatteerbare issues is in die geloof wat jy aanhang.

Skielik is baie van die sekerhede skoonveld.  En om nou nog boonop met soveel ander moontlike religieë oorweldig te word, kan jou laat voel dat dit bitterlik oneerlik is om jou kindertyd-god blindelings te aanbid.

Inderwaarheid is ‘n geloofskrisis ‘n teken van volwassewording.

Wedywering om jou siel

In dié fase van jou menswees, sal jy dan ook oplet dat verskillende kerke en godsdienste om jou “siel” begin wedywer: elkeen stop hulle pamflet in jou hand en belowe antwoorde op al jou vrae.

Veral fundamentalistiese kerke beloof dikwels om ál die regte/verkeerde dinge namens jou te onderskei, met ‘n dogma wat Sonde en Waarheid uitspel en van mekaar onderskei.

Wees veral bedag op omgewings wat verdoemenisse uitloof; die geskiedenis is vol sektes wat mense opsweep deur op die sondes van die samelewing te hamer.  ‘n Goeie dosis common sense is nodig om ‘n opswepery deur dweeppredikers te kan uitken vir wat dit is.

Om die dood toe

Wees gerus.  Jy het ‘n leeftyd om salige rus vir jou “siel” te vind.  Maak jouself intussen oop om met belangstelling en deernis na ander mense se geloofsoortuigings te luister – jy sal dit gerusstellend vind hoe baie ooreenkomste daar tussen verskillende gelowe en godsdienste is.

Die eerste vraag bly staan: Het die mens ‘n siel?  En dis ‘n moeilike vraag om met sekerheid te antwoord.

‘n Geldige antwoord – miskien die mees logiese antwoord op dié vraag – is “Nee, die mens het nie ‘n siel nie”.  Maar dan is dit nog steeds belangrik om ander mense se “ja”-antwoorde en -sieninge te probeer verstaan.

Dieselfde geld natuurlik ook as jy “Ja, die mens het ‘n siel” antwoord; dit gee jou nie die reg om diegene wat nie in ‘n siel glo, se menings te verontagsaam nie.

Trouens, as jy glo jy het nét één lewe in die híér en nóú, dan het jy waarskynlik ‘n meer intense waardering vir die lewe as iemand wat in ‘n nadoodse nirvana glo.

O ja, “Dalk” is ook ‘n antwoord.

Life skills #12 – om kwl te wees

Standaard

Om cool te lyk, raak skielik belangrik as jy ‘n tiener of jongmens is.

Waar jy as laerskoolkind enige hemp oor jou kop sou trek, kyk jy as jongmens éérs na die label voor jy ‘n kat in die sak koop.

Dit is veral opvallend hier op my studentedorp – die bruisende jongklomp pronk opmerklik in hulle kort rompies in die middel van die winter, en die bronstige opslaankraag-manne woed met knap moue agterna.

Grade 1 tot 6 was makliker

Voordat jou hormone ingeskop het, was die lewe waarskynlik makliker.  Jy’t stuff gedoen bloot omdat jy daarvan gehou het.  Jy het met vriende gespeel, omdat speel lekker is.  Jy’t jou huiswerk netjies gedoen, omdat dit lekker was om ‘n goue sterretjie te kry.  Netheid, stiptelikheid en dissipline is ingedril as waardes; pret en vriendskap het vanself ontwikkel.  Jou ouers, onderwysers en maatjies was almal cool.

Dan kom die wedywering en opweeg van waardes

Maar van graad 7 af begin die druk opbou.  Jy begin warm voel as daar ‘n mooi mens verby jou skuur.  Die media adverteer wie en wat en hoe mooiwees is.  Die rat race begin.  En pryse word uitgedeel vir sportsterre en slimkoppe en beauty queens.

Hoe ouer jy word, hoe moeiliker raak dit om waardes te manage, want skielik is daar nie meer genoeg tyd om al jou huiswerk netjies én betyds te doen nie.  Stiptelikheid en netheid wat destyds so maklik, afsonderlik, nagestreef kon word, speel nou teenoor mekaar af.  Jy moet begin kies.

En dié balancing act is ‘n moeilike game om te speel.  Is dit belangriker om handsome te lyk, of om fun te hê; om laid back te wees of hardwerkend?

Cool-wees hang van jou kliek se definisie af

Skop jy ‘n rugbybal sonder effort oor die pale, dan kuier jy met jou pelle, en vloek die nerds uit.  Want as die teenoorgestelde ouens uncool is, dan maak dit jou mos – per definisie – cool.

As jy slimmerig in die klas is, maar nie te hot op die sportveld nie, dan groepeer jy jouself saam met die skaakspelers – en koggel die jocks uit.

As jou bolyf geriffeld is en jy hou van surf, dan hang jy saam met die chicks op die strand uit en lag vir die losers wat te bang is om skool te bunk.

Maar wie is eintlik cool?

Eers later, as jy uitgeswel is van lyf en grinnik vir die wannabe’s, besef jy dat hulle almal ewe fake is.  ‘n Emo t-shirt maak jou nie cool nie, ook nie die Niké t-shirt nie, ook nie ‘n Diesel-ene nie.

Verskil tussen cool lyk, en cool wees

Om cool te lyk, is ‘n oppervlakkige game.  Om cool te wees, is ‘n leefstyl.

Wie dink jy is die cool ou – die een wat sy sakgeld spaar vir sy studies, of die een wat elke sent uitgee op ‘n duur sonbril, nuwe jeans…?

Een van die ontwikkelingstake van ‘n adolessent is om gemaklik te raak met jou jouselfwees. Om nie meer cool hoef te lyk vir ander nie, maar goed te kan voel oor jouself.

Soms moet ‘n mens juis vir ‘n ruk lank verstrengel raak in die probeer-inpas-by-wat-ander-dink-cool-is idee, sodat jy kan besef wie en wat werklik vir jou belangrik is.

Dan val die sonbrille een-vir-een af, en kan jy uiteindelik begin om jou medemens direk in die oë te kyk, sonder ‘n ego in die pad.

Seks met skoolmeisies

Standaard

Noodwendig, ná my inskrywing oor altwee kante van ‘n debat én my post oor seks met ouer vroue, voel ek verplig om hierdie fliekdialoog aan te haal: 

Grandpa: Can I give you some advice?
Dwayne: [shakes head “no”]
Grandpa: Well, I’m going to give it to you anyway. I don’t want you making the same mistakes I made when I was young. Dwayne, that’s your name, right? Dwayne? Listen to me, this is the voice of experience talking–are you listening? Fuck a lot of women, Dwayne.
Richard: Dad!
Grandpa: I got no reason to lie to you kid, fuck a lotta women. Not just one, a lot. So are you gettin’ any? Is it going anywhere?
Dwayne: [shakes his head no]
Grandpa: No? Jesus! What are you? 15? You should be gettin’ that young stuff! That young stuff is the best stuff in the world!

– uit die fliek, Little Miss Sunshine

Want daar’s iets aan ‘n jong, soepel vel – ongeskend, onverweer deur tyd.  Die rilling deur haar lyf as jy haar sagkens streel met die rugkant van jou hand.

Life Skills #11 – Beroepe, vakkeuses en 40 jaar

Standaard

In my vorige blog-les wat ook oor die Lewensoriëntering-tema, Beroepsvoorligting, gehandel het, het ek ses vrae uitgelig wat handig is om jouself voortdurend af te vra wanneer jy met beroepsoek besig is:

  1. Wat is jou pokèmon specialities?
  2. Wat is die meeste fun?
  3. Wat gee vir jou geld/status/mag?
  4. Wat bied jou die meeste sekerheid?
  5. Waar beteken jy die meeste vir ander?
  6. Wat gee jou die meeste vryheid?

Dit is nogals heavy vrae, én daar is heelwat van hulle.  Hoe nou gemaak as jy in graad 9 is en alreeds moet vakke kies?  Of nou in graad 11 is en moet begin dink aan naskool?

Verlengde tydskale van grootmenswees

Miskien solank eers ‘n gerusstelling – jy hoef nie onmiddellik in graad 9 alreeds al die antwoorde te hê op die vrae wat hierbo gevra word nie.  Inteendeel, jy as mens is nog aan die groei en ontwikkel – jy sal nog baie kere die vrae oor-beantwoord, en waarskynlik selfs nuwe vrae uitdink ook.

As jy nog jonger as twintig is, dan het jy eintlik maar nog vrek kort geleef.  Jy was kind tot so dertien of veertien, en het eers nou onlangs begin selfstandig dink en reëls en waardes begin bevraagteken.  Noudat jy as jongmens grootmens word, sal jy besef dat jy met heeltemal ander tydskale begin werk as waaraan jy tevore gewoond was.

Voorskool was ses jare.  Laerskool sewe.  Hoërskool vyf.  ‘n Graad of grade naskool is drie tot nege jaar.  Dan is jy nog steeds bloedjonk t.o.v. die werksmark – vroeg twintigs.  As jy eers in jou twintigerjare begin werk, sal jy jouself nog vir sowat veertig jaar in die beroepswêreld bevind!

Veertig jaar lank werk – dis moeilik om jouself dit in te dink!

Maar moenie bang wees nie – stel jouself gerus; jy het veertig jaar om jouself so goed as moontlik op te lei en verskillende vaardighede aan te leer om so ‘n sinvolle, pret, goed-betaalde beroep te beoefen as wat vir jou moontlik is.

Baie jongmense laai onnodige stres op hulleself deur hulself te vergelyk met die kitsroem-jongmense op TV.  En dink dan dat hulle die absolute kortste pad tot “sukses” moet vind.  En dat hulle keuse in graad 9 dus alreeds alles bepaal.

Dit is nie so nie.

Jy kan sleg doen in skool, “verkeerde” vakke kies, horrible goed aanvang en nog steeds genoeg tyd hê om te recover en te werk aan ‘n pensioenfonds vir die dag dat jy oud is.  Hiermee probeer ek nie sê jy moet onverskillig wees nie: kies nog steeds die mees sinvolle vakke; beredeneer logies oor jou verskillende opsies, maar moenie aanvaar dat daar ‘n “korste” pad na rykdom en roem en lewensvervulling is nie.  En moenie jou gesondheid met sigarette en drank permanente skade aandoen nie.

Vakkeuses vir graad 10

Tans moet alle leerders een Huistaal neem, Lewensoriëntering, Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid, en ‘n Eerste Addisionele Taal of nog ‘n Huistaal.

Daarna het jy verskeie opsies: Xhosa, Duits, Frans, Kuns, Drama, Musiek, Aardrykskunde, Geskiedenis, Lewenswetenskappe, Fisiese Wetenskappe, Ingenieursgrafika en -ontwerp, Inligtingstegnologie, Rekenaartoepassing, Gasvryheidstudie, Toerisme, Rekeningkunde, Ekonomie, Bedryfsekonomie, en moontlik nog heelwat meer, afhangende van die skool waarin jy is.

Wanneer jy in graad 9 is – probeer om solank die ses vrae hierbo so ver as moontlik te beantwoord.  Begin ‘n idee ontwikkel van wat jy eendag wil doen, en/of wat jy eendag beslis nie wil doen nie.  En maak dan seker oor die volgende, dat jy vakke kies waarmee jy:

  1. matriek sal kan deurkom, en
  2. toelating tot so veel as moontlik verdere studie-opsies sal kry

Daarom, indien jy kan, probeer om Wiskunde te doen (en as jy hard probeer het in grade 10 en 11, maar sukkel, kan jy oorskakel na Wiskundige Geletterdheid voordat jy vir jou matriekvakke inskryf), en oorweeg om jou addisionele taal ook op Huistaal-vlak te neem.

Verder, as jy seker is dat jy 1. matriek sal deurkom, moenie net vakke kies wat soos min leer-werk of “maklike” vakke lyk nie; kies vakke wat vir jou 2. toelating tot so veel as moontlik verdere studie-opsies sal kry.

Kies Fisiese Wetenskappe as jy enigsins oorweeg om ‘n wetenskaplike rigting of ingenieurswese te volg.  Kies Lewenswetenskappe as jy in ‘n biologiese (plante/diere) of mediese rigting wil beweeg.  Kies Kuns/Drama/Musiek as jy regtig die talent het.  Dit is alles voorvereistes vir sekere nagraadse studierigtings.  (Daarteenoor het instellings amper nooit Geskiedenis of Ekonomie of Rekeningkunde as voorvereistes vir enige studierigting nie.)

Kies die res van die vakke om jou bloot te stel aan verskillende belangstellingsvelde wat jy dalk mag hê – en nie bloot op grond van wie die onderwyser van die vak is nie.

Studierigtings ná matriek, gap year of dadelik begin werk

Ná matriek sal jy jouself jaar op jaar nog verder moet verryk met kennis en vaardighede, sodat jy makliker jou ideale kan verwesenlik.  ‘n Mens leer lewenslank, so get used to it.

As akademiese leerwerk een van jou pokèmon specialities is, dan moet jy oorweeg om ‘n universiteitsgraad te doen – baie beroepe wat vir jou geld/mag/status én vryheid gee, vereis ‘n professionele kwalifikasie.  As jy nie studiegeld het nie, dan kan jy vir beurse aansoek doen, of eers werk en later deeltyds swot, of ‘n studielening uitneem.  (Moenie moed opgee as jy nie dadelik die nodige geld het nie; daar is hulp beskikbaar by die meeste instellings.)

As akademiese leerwerk nie jou pokèmon speciality is nie, dan moet jy nogsteeds kyk of jy opgelei kan word om iets meer gespesialiseerds te doen in ‘n rigting wat vir jou vreugde en geld sal inbring; miskien opleiding waar jy nie werk hoef te memoriseer en toets te skryf nie, maar opleiding nietemin.

Om ‘n gap year te vang, is ook goed – maar skryf solank in vir moontlike studierigtings by die verskillende moontlike instellings.  Gebruik jou gap jaar nie as ‘n totale vakansie-aftyd-jaar nie, maar gebruik dit om actually êrens te werk en te toer en jouself aan soveel as moontlik beroepsopsies bloot te stel.  ‘n Gap year kan great wees as jy onseker is oor ‘n beroepsrigting, want as jy die vyfhonderste burger-patty geflip het, of ‘n snotneuskind in Taiwan leer Engels praat het, of outannies in Londen se doeke omgeruil het, sal jy gemotiveerd wees om doelgerig vir iets meer vervullends te kom studeer.

Maar daar is baie tyd.

Dalk besef jy eendag jy wil eintlik ‘n skilder word.

Sorg dan net dat jy vir jouself finansieel die opsie gegun het om dit dan te kan uitprobeer.

Life Skills #10 – wat jy wil word as jy eendag groot is

Standaard

Die nuwe matriekvak, Lewensoriëntering, het vier hooftemas waarvolgens die lesse aangebied word.  Sover het ek in my bloglesse hoofsaaklik gefokus op die eerste tema, Persoonlike Welsyn, en het ek gepraat oor leefstylkwessies van hedendaagse skoolleerders: hoe jy sosiaal rook, jouself nie moertoe drink nie, in matigheid vloek, en verantwoordelik vry.

Die laaste twee lesse was oor integriteit en onafhanklikheid.

Die voorafgaande lesse lei my na vandag se onderwerp oor Beroepsvoorligting:  Wat wil jy word as jy eendag groot is?

Dis eintlik ironies dat ek enigsins hierdie onderwerp aanpak, want self het ek nie ‘n clue wat ek eendag wil word wanneer ek groot is nie (en ek is nou al vinnig op pad 30 toe).

Tog weet ek hoe dit is om te sukkel met dié vraag, en in my worsteling, het ek al hoe méér vrae opgespoor wat ek sukkel om te beantwoord:

1.  Wat is my pokèmon specialities?

Ek noem die unieke kombinasie van talente, karaktertrekke en vaardighede: jou pokèmon specialities.  Dit waarin jy regtig goed is.

Vir my is dit makliker om ander se pokèmon specialities raak te sien as my eie, maar gelukkig bestaan daar verskeie psigometriese toetse wat vir jou sê wat jou aanleg, persoonlikheid en vaardighede is.  Die Myers/Briggs-toets onderskei of jy introvert/ekstrovert is, of jy met jou sintuie/intuisie inligting inwin, of jy jou besluite eerder op grond van jou denke/gevoelens maak, en of jy eerder situasies beoordeel/bekyk.

IK-toetse van ouds (wat fokus op linguistiese en wiskundige vaardighede) sal uitwys of jy ‘n rocket scientist kan word of nie.  Bykomend hiertoe kan meervoudige intelligensie-toetse jou help uitpluis wat jou voorkeur-denkstyl is (hoe jy die maklikste inligting aanleer).  Ook is daar linker- en regterbreintoetse.

Anyway, om jou pokèmon specialities agter te kom, is eintlik ‘n lewenslange soektog; dit help om te luister wat toetse, en wat jou ouers en vriende van jou sê, maar op die ou end moet ‘n mens in verskillende werksituasies ook maar agterkom wat jou laat tick en watter goed jy kan regkry waarmee ander mense soms sukkel.

2.  Watter werk sal die meeste fun wees?

Almal hou van ander tipe dinge.  (Vir my is “pret” eintlik overrated.  Ek is nie per se ‘n happy mens nie, so om uit te figure watter werk die meeste fun sal wees, is vir my besonder moeilik.)  Nietemin, ek het oor die jare agtergekom dis vir my lekker om onmiddellik te sien hoe dit wat ek doen ander mense help.  Dis vir my lekker om met jongmense te werk.  Dis vir my fun om mense te help om onmoontlike dinge aan te pak en dit dan amper-amper reg te kry.  Ek geniet dit om gesag uit te daag.  Ek hou van woordspelings, Nederlandse gedigte en spelfoute regmaak.  Ek geniet krieket en tafeltennis en skaak.  So, alhoewel ek nie alles waarvan ek hou in één werk noodwendig sal kan doen nie, is dit tog goed om te weet waarvan ek min/meer hou en watter tipe dinge ek regtig verpes.  Ek haat spitstyd verkeer, so ek sal eerder iewers werk waar ek binne stapafstand kan bly.

3.  Watter werk sal my moerse ryk maak en baie status gee?

Op die ou end werk ‘n mens om geld te kry om van te lewe.  Moenie dit vergeet nie.  Daar is beroepe in die wêreld waarvoor ‘n mens min geld kry, en daar is beroepe in die wêreld waarvoor ‘n mens baie geld kry.  Die doktors, ingenieurs en prokureurs word nou maar as die leiers van die samelewing beskou; die rekenmeesters, ouditeurs en aktuarisse gaan geld maak; dis hoe dit tans is.

Besef dus vooraf dat as jy kies om ‘n swakker-betaalde beroep te kies, jy baie sorgvuldiger moet lewe – veral aanvanklik.  Ongeag watter beroep jy doen – jy moet minder uitgee elke maand as wat jy verdien, jy moet geld spaar en soveel as moontlik belê in bates wat onafhanklik van jou insette, kan groei en vermeerder.

Moenie net op grond van inkomste kies watter beroep om te doen nie, maar as jy twee opsies het, straatveër of onderwyser, kies dan maar eerder die beroep waar jy effens meer geld en aansien gaan verdien (straatveër dus).  En moet jouself nie verknies aan jou tekort aan status nie.  Wat kan jy uit die lewe uit kry?

4.  Watse werk sal my die minste worries en meeste sekerheid gee?

Baie ouens wil weet dat hulle môre en oormôre steeds ‘n inkomste sal hê, ongeag van wat gebeur.  Sulke ouens sal dalk nie vir ‘n upstart-onderneming wil werk nie, maar eerder vir ‘n groot, gevestigde maatskappy met ‘n mediese fonds en ‘n aftreeplan.  Hierdie voorkeure sal ook verander hoe ouer jy word; aanvanklik kan jy dit moontlik bekostig om ‘n hoë-risiko beroep te betree, maar namate jy meer afhanklikes (soos kinders) het, sal jy dalk voel jy moet meer stabiliteit en sekerheid in jou beroepslewe hê.

5.  In watter job sal ek voel asof ek iets rêrig betekenisvoel doen?

Nie alle beroepe laat jou soos ‘n goeie mens voel nie.  Selfs nie eens ‘n doktor wat by die noodeenheid werk, voel elke dag asof sy/haar werk nuttig is nie (dis maar lastig om dieselfde meswond-pasiënt elke tweede week toe te werk).  Dalk vind jy dit nuttig om by ‘n koerant te werk – maar vir iemand anders kan dit totaal onsinnig wees om hom/haarself af te sloof vir ‘n publikasie wat slegs vir een dag gelees word.  Wat is vir jou sinvol om te doen?  Wat kan jy heeldag doen, sonder om moeg te word?  Wat laat tyd vir jou verbygaan sonder dat jy honger word?  Wat kan jy tot die lewe voeg?

6.  Watter tipe werk sal my die meeste vrye tyd gee?

Dalk is jy een van daai ouens wat net wil werk en bloot belangstel in status en mag.  Dis great, dan is vrye tyd nie noodwendig vir jou so belangrik nie.  Andersins, miskien is jy regtig iemand wat hou van movies kyk en kuier met vriende en eendag nie oor naweke wil werk nie, want jy sal dan eerder monopoly met jou kinders wil speel.  Gaaf – oorweeg dan eerder beroepe met vaste werksdagure en geen verpligtinge oor naweke nie.  Dalk wil jy vir ‘n ruk lank baie hard werk sodat jy vroeg kan aftree.  Probeer uitwerk van watter scenario jy die meeste van hou.

Wat wil jy word as jy eendag groot is?

Op dié vraag het ek self nog geen antwoord nie.  Dalk is dit omdat ek nog nie juis wil groot word nie.  Ek weet nie.  Maar ten spyte van my tekort aan rus of rigting, gun ek myself die tyd en vryheid om stadig deur die bogenoemde ses vrae te werk.

Ek het in graad 10 en op universiteit vakke gekies wat vir my so veel as moontlik opsies oopmaak, juis omdat ek toe nog nie ‘n spesifieke rigting kon vind wat my interesseer nie.

En nou, in die verskillende werksomgewings waarin ek myself bevind, vra ek voortdurend vir myself hierdie vrae hierbo af: is die werk fun, gee dit vir my geld en mag, laat dit my toe om nie te worry nie, het ek genoeg vrye-tyd, en is dit wat ek met my tyd doen sinvol?  So leer ek myself beter ken en kan ek my pokèmon specialities voortdurend slyp om vir myself ‘n prettiger, sinvoller en meer lonende beroep uit te kerf.

Sterkte!

Life Skills #9 – (on)afhanklik wees

Standaard

Jouself wees ten spyte van cool Blouberg ouers

Hierdie blog-les sluit aan by die kurrikulum van die nuwe matriekvak, Lewensoriëntering en sluit aan by die tema van Persoonlike welsyn

Wie jy is, hang af van drie (dalk meer) dinge:

  1. Jou gene (die eienskappe wat jy van jou ouers geërf het met geboorte)
  2. Jou omgewing (huis, skool, werk, vriende)
  3. Jou denke (jou idees van jy-wees)

Jy sou nog elemente tot die bostaande lysie kon voeg, soos 4. God of 5. Die noodlot, maar kom ons fokus op die drie wat ek hierbo noem.

Jy kan nie veel doen aan 1. Jou gene nie.  Jy is nou maar gebore met ‘n lang neus en ‘n sproetgesig.  Dit help nie jy blameer jou voorgeslagte daarvoor nie, want dis nou maar ‘n lucky packet wat jy kry as ‘n spermsel en ovum saamsmelt; ten minste is jy uniek.

Jy kan ook nie, as kind, veel doen aan die omgewings waarin jy jouself elke dag bevind nie.  Jou huislike omstandighede, die skool waarnatoe jy gaan, dagtakies wat jy moet verrig en die mense rondom jou, is nie noodwendig veranderlikes waaraan jy iets kan doen nie.

Jy kan jou denke wel wysig en jouself in ‘n positiewe of ‘n negatiewe lig beskou.

Die invloed van jou ouers

As jongmens besef ‘n mens dat jou ouers ook net mense is.  Hulle het foute, sterkpunte en swakpunte, menslike emosies en als wat met menswees gepaardgaan.  Maar iets wat jy nie kan ontken nie, is dat hulle ‘n groot invloed op jou lewe het.

Jou ouers het bepaal wat jou genetiese samestelling (1. jou gene) is; hulle bepaal in watter gemeenskap (2. jou omgewing) jy jouself bevind – of jou ouers geskei is, of jy in ‘n crappy skool is, of julle welgesteld of arm is, en hulle bepaal nogals hoe jy oor jouself dink (3. jou denke).

‘n Groot deel van wie jy is, word dus deur jou ouers bepaal, of jy nou daarvan hou of nie.

Die dinge wat ouers doen

Om kinders groot te maak, is ‘n ontsaglike moeilike lewenstaak.  Dit is alreeds moeilik om net in die grootmenswêreld kop bo water te hou wat werk en inkopies doen, kook, klerestryk, rekeninge betaal en vriendskappe in stand hou, betref.

Dis moeilik om ‘n liefdesverhouding met iemand te hê en aan albei se behoeftes te voldoen. 

Om bo- en behalwe dit, ‘n baba groot te maak wat heelnag huil en kerm, doeke vuilmaak, ‘n kind word en vreemde goed aanvang, en dan ‘n tiener word met nukke en emosies en aggressiewe gedrag, is moeilik.

Ouers kan oral verkeerd gaan.

Die dinge wat ouers verkeerd doen

Neem as voorbeeld die geval van die cool Bloubergstrand ouers.  In Blouberg het daar ‘n rykmanskind suburbia ontstaan vir Afrikaanse gesinne.  Die meeste van die gesinne het middelklas grootgeword, maar met effense sakevernuf skielik ryk begin word.  Klein gesinne, groot huise, mooi uitsig, cool surfspots.

‘n Mens sou dink dat kinders wat uit so ‘n gemaklike, homogene gemeenskap (samelewing wat eenders is) kom, min probleme sal hê, want duidelik het hulle cool ouers – ouers wat hulle kinders laat surf, poegies vir hulle koop en aparte leefareas vir hulle skep.  Privaat tutors betaal om met sukkelvakke te help, en fizzy alkoholdrankies en bier te verskaf vir kuieraandjies by iemand se huis in die omtrek.

Tog is alles nie perfek nie. 

Dalk is jy ‘n leerder wat sien dat ander kinders dit net soveel makliker as jy het – hulle dra cooler klere en word meer vryhede gegun; hulle het nuwer selfone en onbeperkte internet en DSTV, soos die Bloubergstrand-kinders.

Maar wat jy nie onder die oppervlak sien nie, is dat die ouers hulle kinders as pionne gebruik om by te bly by die ander families.  Die druk vir die ouers om cool te wees is groot en die mees byderwetse gesinne is dié wat die meeste vryhede vir hul kinders gun.  So is daar dominees se kinders wat vrylik seks het, drank wat by org-partytjies in groot volumes opgegooi word, en dagga en sterkter dwelms wat in oorvloed gebruik word.

Die kinders is so cool dat hulle geensins besef wat die nut van harde werk of deursettingsvermoë is nie; hulle leer hoe om hulle ouers te manipuleer om ‘n nuwer rekenaar vir facebook en selfoon vir MXit te kry.

All is not well in Paris and Rome.

Om groot te word 

Soos ‘n mens die einde van hoërskool nader, word ‘n mens meer onafhanklik.  Jy dink vir jouself.  Jy doen vir jouself.  Jy skep die omgewings waarin jy wil wees en kies die vriende met wie jy wil uithang.

Jou gene speel nog steeds ‘n rol t.o.v. watter hartsiektes en kanker jy sal ontwikkel, maar teen einde hoërskool moes jy al ‘n redelike idee kon kry van waarmee jy goed is en waarin jy sleg is, sodat jy die bepalende invloed wat gene op jou het, kan minimeer.

Jy sal altyd verskuldig bly aan jou ouers – vir hulle foute (wat jy dalk makliker raaksien) én vir hulle opofferings; vir hulle menswees wat hulle met jou deel/gedeel het.

Die groot lewenstaak wat jy moet deurmaak tydens hoërskool is nie om onafhanklik te word in die sin dat jy wegvlug uit die huis nie, maar om onafhanklik te wees in jou denke, jou vriende en jou identiteit.

En hopelik nie afhanklik te geraak het van rook, drink, vloek of vryery nie.

Sterkte!

Life skills #8 – integriteit, wat’s dit?

Standaard

In die vorige Lewensoriëntering blog-les toe ek oor vryery gesels het, het ek vlugtig na die woord “integriteit” verwys.

So, voor ons aangaan, wil ek kortliks verduidelik wat ek met “integriteit” bedoel, want dikwels word dié woord losweg gebruik, sonder enige behoorlike definisie.

Wat is integriteit? 

‘n Goeie vriend het my eenkeer vertel dat ‘n persoon wat integriteit het, vir hom iemand is wat uit een grein hout gesny is.

Dit is ‘n baie mooi beeld, daarom herhaal ek dit hierso.  Maar ek besef dis nie juis ‘n definisie nie; ‘n woord soos “integriteit” moet ‘n mens in eenvoudige, konkrete woorde uitpak, sodat dit nie net ‘n figuratiewe betekenis het nie.  Om dit te doen, kom ons probeer eers die teenoorgestelde vraag beantwoord: hoe is dit om integriteitloos te wees, oftewel:

Hoe tree iemand op wat NIE integriteit het NIE?

‘n Persoon wat nie integriteit het nie doen, volgens my, die volgende:

Afhangende van die situasie of geselskap waarin die persoon hom/haarself bevind, is die persoon bereid om voor te gee om iemand anders te wees/ander standpunte in te neem as wat hy/sy tussen ander mense gehuldig het, mits hy/sy voel dat dit hom/haar in daardie situasie sal bevoordeel.  Die persoon sal bereid wees om sy/haar beeld aan te pas ten koste van ander, solank dit ‘n voordeel vir hom/haar inhou.

Of kortom:

As jy nie integriteit het nie, is jy bereid om in elke situasie ‘n ander beeld van jouself voor te hou, ten koste van ander, ten voordeel van jouself.

Dit klink nogals soos die persoonlikheidstipe van ‘n glibberige politikus, nè?

As ‘n mens nou elke deel van hierdie bogenoemde definisie inverteer (omkeer), dan behoort ons die volgende vraag te kan beantwoord:

Hoe tree iemand op wat wel integriteit het?

‘n Persoon wat wel integriteit het doen, volgens my, die volgende:

Ongeag die situasie en/of geselskap waarin die persoon hom/haarself bevind, is die persoon bereid om hom/haarself (ten volle) te wees en dieselfde standpunte in te neem as wat hy/sy tussen ander mense huldig, ongeag of dit hom/haar in daardie situasie kan benadeel.  Die persoon hou nooit ‘n beeld van hom/haarself aan ander voor nie en sal nie oor ander loop om hom/haarself te bevoordeel nie.

Of kortom:

As jy integriteit het, is jy bereid om jouself te wees, ten spyte van jouself, ter wille van ander, ongeag die situasie.

Om jouself te wees

Dis moeilik om altyd lekker te weet wie jy nou self regtig is.  Onder die tema Persoonlike Welsyn in die vak Lewensoriëntering sal jy gereeld met die sielkunde-terme hiervan te doen kry: selfkonsep, identiteit, geslagsrolidentiteit, ens.

Deel van jou ontwikkelingstaak as tiener/jongmens is om die nuanses (die fine print) van jouselfwees te ontdek.

Integriteit ongeag die situasie

Integriteit is omvattender as net “eerlikheid” – jy moet ‘n ruggraat ook hê.  Jy moet uit een grein hout gesny wees, ongeag of jy besig is om te kuier, tussen vriende te chat, of op die internet te surf.  Jy moet probeer …om jouself te wees, ten spyte van jouself, ter wille van ander, ongeag die situasie.

Miskien makliker gesê as gedaan, of hoe?

Life skills #7 – mekaar se mangels lek

Standaard

Die laaste klompie blog-lesse oor Lewensoriëntering het gegaan oor Persoonlike Welsyn en ons het gepraat oor die feit dat hoërskoolleerders dikwels rook, drink, vloek en vry.

Vandag praat ons oor die laasgenoemde: om te vry.

Hoe vry jy?

Dis nie moeilik nie.  Jy skuins jou kop en soen iemand op die lippe en speel bietjie met jou tong.  Vir meer eksplisiete tips, kyk na http://www.videojug.com/film/how-to-kiss-someone-passionately.  Dit kom heel natuurlik.

Hoekom vry mense?

Om iemand oopmond te soen, is een van die mees intieme dinge wat ‘n mens kan doen.  Alhoewel die idee daaraan grillerig was toe jy in die laerskool was, is dit, noudat jou hormone ingeskop het, ‘n opwindende gedagte om te doen.  Dis ook lekker.

Sosiaal is dit nie altyd aanvaarbaar om in die publiek jou kissing partner se mangels uit te lek nie; mense soen en/of vry eerder in die privaat, waar ander mense hulle nie kan dophou nie.

Tog is daar op skoolvlak heelwat spin the bottle games wat aanmoedig dat random ouens en meisies agter ‘n hoekie mekaar moet french kiss (dis nou om jou tong woes te gebruik).

Hoekom random mense soen?

Om random mense te soen, maak jou nie beter met vry nie.  Elke mens hou van unieke dinge – dis dus eers wanneer jy ‘n paar keer met dieselfde persoon vry, dat julle dit werklik goed sal kan doen, mits julle praat oor wat vir julle lekker is, en met genoeg tongue twisting tegnieke eksperimenteer.

Die lekkerste deel van vry is ook waarskynlik die hele afwagting en opbou tot daai eerste soen – en jou hart wat uit die nate van jou bors wil klop.  Dis eintlik die verliefdheid wat soen en vry so lekker maak, so om random ouens of girls op te chat, is dalk ‘n bietjie afgewater teenoor die real thing.

Wat volg op vry?

Ja-nee, as ‘n mens warm aan die vry is, kan ‘n gevaar sy kop uit steek 😉  Dis baie intiem om te vry: julle spoeg smelt saam, en julle hande gly oor en deur mekaar se hare en nek en lyf en albei se opgewondenheid word aangevlam.  Om van mekaar se klere ontslae te raak en mekaar te wil beklim, is iets wat amper natuurlik vanuit ‘n passievolle gevryery vloei, so sorg vooraf hoe ver julle twee wil gaan.

Hoekom nie dadelik seks hê nie?

Julle sou kon.  Hê maar net ‘n kondoom byderhand en weet hoe om dit aan te sit.  Sorg ook dat die meisie op die pil of iets dergliks is.  Maar onthou, daar is geen haas nie.  Dis lekker om te vry, maar dit vat ook oefening en geselsery om dit al hoe lekkerder te kan doen.  Seks is nog trickier, met veel meer posisies en dinge wat jou ‘n leeftyd lank kan besig hou.  Daar het jy ‘n partner nodig wat bereid is om saam met jou rond te rol en heel nag te oefen – one night stands is ‘n bietjie oppervlakkig.

Wanneer moes mens al gevry het? 

Daar is geen spertyd vir vryery nie.  As jy jou eerste ware-liefde-soen eers op 26 het, dan is dit ook reg.  Jou tong raak nie oud nie.  Jou hart kan op enige ouderdom warm klop.  Kysery op hoërskool en laerskool is maar nog effens tydelik van aard – jou kop en brein en hart en alles groei nog, so die kans dat jy intens – en verewig – op een persoon gaan verlief raak, is klein.  Om dus jou mond teen elke tweede persoon s’n te druk om net te kan sê jy’t al gevry, maak nie sin nie.

En meisies wat mekaar vry?

Enige mens kan met ‘n ander mens vry.  Geslag speel nie ‘n rol nie.  As jy egter met integriteit wil vry, dan moet jy mik vir iemand tot wie jy aangetrokke voel.  Vryery maak net regtig sin as albei mense wat betrokke is, iets vir mekaar voel.  So, miskien is dit nie die beste idee dat vriende of vriendinne op mekaar oefen om te vry nie.

As dit so is dat jy ‘n ou is en die ander ou aantreklik vind, en hy vir jou, dan great – dan kan julle met ‘n skoon gewete soen.  Dan verneuk niemand vir iemand nie.

En as jou liefling nie wil vry nie?

Dis nou maar so.  Liefde is ‘n kansspel.  Jou hart klop dalk warm vir iemand, maar die kans is (ongelukkig) goed dat hy/sy nie dieselfde oor jou voel nie.  Dan is dit nou maar so.  Veral op skool gaan die hot meisies dikwels met die dose uit, en die hot ouens met die simpel chicks.  En dan sit die mees passievolle verliefdes droëbek en gebroke hart eenkant in ‘n hoek en tjank.

Daar is mos maar een van vier scenario’s: Jy hou van hom/haar, maar hy/sy hou nie van jou nie; hy/sy hou van jou, maar jy hou nie van hom/haar nie, nie een van julle hou van mekaar nie, of jy en hy/sy maak albei ogies vir mekaar.  Jy het altyd, op die meeste, ‘n een uit vier kans, haha, sterkte!

En daai landswet wat vryery verbied?

Ja, ons kan in ‘n volgende post daaroor gesels as julle wil, maar miskien is dit die kernvraag wat jy vir jouself moet afvra.  Wanneer is dit gesond om te begin vry, en méér te doen as net saam te gaan fliek, hande vashou en piksoentjies uitruil?  Wanneer is dit reg dat kinders ophou kindwees en begin vatterig en soenerig raak?  Grootmense sal maar altyd ongemaklik voel hieroor, want alhoewel dit lekker is om te vry, en grootmens te wees, verlang baie volwassenes terug na daardie wondersoete dae toe meisies net daar was sodat seuns hulle hare kon trek, en seuns maar net gross was.  Toe was dinge baie minder complicated.

Wat dink jy?  Mag jy net iemand vry as julle albei op mekaar verlief is, of moet ‘n mens random mense so gereeld as moontlik probeer score?  Is spin the bottle ‘n cool game, of iets waarvan jongmense eerder moet wegbly?

Of mag ‘n mens eers soen as jy klaar getroud is?

vryery