Category Archives: Vetkrytsketse

Skertsende sketse met vetkryte

Josef vergewe en maak almal gelukkig

Standaard

Ek dink in Sub A was ek ’n beter tekenaar as tans, al was my oeuvre effens beperk:

Advertisements

Dawid swaai daai slingervel vanaf sub A, ja!

Standaard

Ek het onlangs my laerskool skryf- en sketsboeke ontdek. Hierdie energieke skets kom uit my Sub A godsdiensboekie: Kyk net met hoeveel oorgawe slinger Dawid daai klip sommer oor twee bladsye heen! En Goliat skrik:

jongleur van die lewe

Standaard

In sub B (graad 2) het ek ‘n woord geken wat ek intussen vergeet het: “jongleur”

Die sirkus word in ‘n gekleurde tent gehou. Die sirkusbaas moet eers alles reël voordat hulle kan begin. Daar is baie snaakse hansworse. Daar is ook jongleurs wat balle gooi. Daar is ook vuureters wat vuur eet. Daar is kunstenaars. Daar is mense wat baie goed kan balanseer. Daar is ‘n orkes. Daar is ook akrobate. Daar is ‘n leeutemmer wat met ‘n sweep slaan. Die leeus bly in die hokke. Al die diere word eers mak gemaak. En dan begin die sirkus.