Gou weer tyd vir ‘n Xhosa-les!
‘n Mens moet darem kan hallo en koebaai sê in enige taal – ook in Xhosa. Nou destyds toe die boere daarso by die xhosa’s aangekom het, en almal nog vreedsaam aan weerskante van die rivier gebly het, het die Xhosa’s ‘n snaakse sêding van daardie Afrikaanse omies oorgeneem – die gebruik om, tesame met ‘n handwuif, vir iemand “môre” te sê.
-
Môre Jan Molo Jan
-
Môre Piet Molo Piet
-
Môre Xolisa Molo Xholisa
Haha, maklik nè? Die wonder van kruisbestuiwing, darem! Hierdie idee van Molo! wat Hallo! vir een mens beteken, het daartoe gelei dat goeiedag vir meer as een mens Moloni! Hallo, julle! (kyk Xhosa #2) geword het. Hierdie Moloni het geassimileer tot Molweni wat vandag Hallo (vir meer as een mens) beteken. {Sê ‘n paar keer moloni hardop, en vergelyk dit met molweni. Laasgenoemde sê definitief makliker en vorm lekkerder in die mond.}
-
Môre Jan en Piet! Molweni Jan noPiet!
-
Hallo leerders! Molweni bafundi! [leerders = abafundi, maar die eerste letter val weg as iemand direk aangespreek word. So ook is Jan eintlik in die u-klas, d.w.s uJan]
Die werkwoord -phila ken julle mos. Dit beteken “leef”. Jy ken ook die vraagwoord njani…? wat hoe…? beteken. As jy wil vra: “Hoe gaan dit met jou?” sal jy in Xhosa vra “Leef jy nog?” of “Hoe is dit?” (“Hoezit?”):
-
Usaphila? Leef jy nog? [Letterlik vertaal: Jy nog leef?]
-
Kunjani? Dit is hoe? [Die Ku- is ‘n algemene “Dit is…”]
Om te antwoord hierop is maklik… maar jy kan self indink dat daar in elke taal ‘n klomp variasies is om elke denkbare gemoedstoestand te beskryf. Hey, nee ou, dit gaan so-so. Jis, goed man, en jy? Wragtag, kakker kan dit nie vandag nie. Die lys is legio.
‘n Baie standaard antwoord in Xhosa is om te sê:
-
Hayi, ndisaphila, enkosi! Nee, ek leef nog, dankie!
Gaan soek ‘n paar Xhosa-sprekendes op hierdie week en kyk of jy vertalings vir die ag speech bubbles in die .jpg file hierbo in die hande kan kry!
-
Hamba kakuhle! Mooi loop! (d.w.s. Totsiens)