Tag Archives: moderne kuns

Tate Modern: ’n blik op my graad 10-12 kunsgeskiedeniskennis

Standaard

Ek was bevoorreg genoeg om Kuns as skoolvak te gehad het.  Die sillabus het alles vanaf rotstekeninge, Egiptiese, Griekse, Oosterse en Gotiese kuns, Realisme, Impressionisme, Ekspressionisme, Popkuns, ens. gedek.  Argitektuur, beeldhouwerk, skilderkuns en alles tussenin.

Daarom het ek die Tate Modern kunsgallery terdeë geniet, want as toeskouer het jy nodig om die verloop van die kunsgeskiedenis (en die meegaande filosofieë van die dag) te verstaan, anders kan die kunsuitstallings jou maklik vervreem.

 

Advertisements