Tag Archives: passie

Aspris #3 – is liefde diskreet?

Standaard

Veral in die sielkunde is daar al baie gespekuleer oor die aard van “liefde”.  Sternberg het met sy driehoek-teorie intimiteit, passie en trou as veranderlikes onderskei en diskrete tipe liefdesverhoudings op grond daarvan geidentifiseer:

  1. as jy net intiem (close) is met iemand, dan het julle ‘n solid vriendskap
  2. as jy net passie (fisieke aangetrokkenheid) voel, dan is jy verlief
  3. as jy net getrou (committed) tot iemand is, dan is jy lojaal
  4. as jy intiem en passievol is, dan het jy romantiese liefde
  5. as jy intimiteit voel en getrou/betroubaar is, dan het jy besonderse kameraderie
  6. as jy passievol en getrou is, dan het jy ‘n moerse crush
  7. as jy al drie is,  dan het jy ‘n great liefdesverhouding.
  8. as jy geeneen het nie, dan is daar geen verhouding nie.

Ander het ook al deur die eeue liefde gekategoriseer/opgedeel – die Grieke het onderskei tussen: Agape (sielsliefde), Eros (seksdrang), Philia (lojaliteit), Storge (ouerliefde) en Xenia (gasvryheid), en die Sjinese het onderskei tussen:  Ganqing (vennootskap), Yuanfen (shared fate) en Zaolian (jeugdige verliefdheid).  Ander het al ludos (flirt), pragma (thoughtful aksies) en mania (mal passie) tot die lysie toegevoeg.

Ook binne die verskillende gelowe is daar verskillende vorme van liefde wat van mekaar onderskei word, soos in Boeddhisme: Kama (seks), Karmuna (mercy) en advena/maitri (onvoorwaardelike medemensliefde).

As ‘n mens tipe liefdes van mekaar onderskei en die intensiteit van jou liefde kwantifiseer, dan laat dit jou toe om verhoudings te definiëer.  Of jy nou ‘n one night stand/weekend special/sielsgenoot/boesembuddy of kennis van iemand is.

Tog, is die liefde klassifiseerbaar?

  1. lê seksualiteit/seksuele oriëntasie op ‘n kontinue lyn?
  2. is daar slegs eenduidige maniere van liefhê gemeet aan drie veranderlikes?
  3. kan jy gelyktydig iemand liefhê en haat?
  4. is liefde ouderdomgebonde – is daar ‘n verskil tussen puppy love en volwasse liefde?
  5. kan ‘n mens sekere liefdes veroordeel – is dit reg vir ‘n 40-jarige omie om verlief te raak op ‘n 20-jarige, maar verkeerd vir ‘n 20-jarige vrou om verlief te raak op ‘n 15-jarige seun?

“Bestaan” liefde ooit?  Is dit ‘n konstruk of ‘n dimensie?  Of ‘n “god”?

Advertisements

The world don’t need Shakespeare as much as I thought

Standaard

Miskien was ek naief, maar ek’t gedink dat – as jy regtig goed is in iets en dit passievol nastreef – dan sal mense jou geld gee om jouself ten volle daarin uit te leef.

Vandaar my studies in die humaniora en pedagogie (onderwys).

Hm.

Hoe is dit dan that the world don’t need Shakespeare as much as I thought…*

In ‘n wêreld wat werk met vraag en aanbod, verdien ‘n middelmatige geoktrooieerde rekenmeester altyd ‘n groter salaris as ‘n geniale digter/skrywer/liriekskrywer/onderwyser.

Daar is bloot nie ‘n vraag na mense om sulke passies uit te leef nie.  Die mark soek ouens wat bereid is om hulle eie drome opsy te skuif, en met middelmatige pligsgetrouheid sake-doelwitte na te jaag.

Werk blyk slegs ‘n middel tot ‘n doel te wees.  ‘n Manier van kos op die tafel kry.  Brood in die sweet van jou aanskyn verdien.

Dus was die beroepsvoorligter destyds reg:  word ‘n aktuaris, of ‘n ingenieur.  Want die wêreld wurg passie uit ‘n mens se lewe uit.  En trap op uitnemendheid.

Gmpf.  Moet als deesdae volgens ‘n besigheidsmodel (handelsretoriek) werk?

Is daar nie iets sielsverrykenders as kapitalisme nie?

Of moes ek eerder beroepsrugby gespeel het?

* ‘n reël uit ‘n song van die jazzerige sanger,  Jamie Cullum