Tag Archives: Stellenbosch

Oornag het my Facebook in ’n boer verander, en vandag praat my WordPress ook Afrikaans

Standaard

Dis amazing.  Ek reken taalimperialisme het uiteindelik ‘n stille dood gesterf.

Want ons besef: elke tongval verskaf ekstra betekenis aan dít wie ons is – waaroor ons kan redeneer en dink en wonder; dit help skep aan ons realiteitsbesef.  Die klanke klink op na die hemel.

Soos die Xhosa-eufemisme vir doodgaan: -swekile [om te versuiker, oftewel soos suiker op te los en te verdwyn].  Pragtig, nie waar nie?  Vanaf ‘n taal wat kwalik tuishoort in die moderne eeu; nog nie ‘n noemenswaardige geskrewe literatuur opgebou het nie.

Daar is diegene wat nog wil laer trek met ‘n vergane leuse van “eendrag maak mag” en wil korrel na al wat ‘n kakie is.  Ons vir jou, Suid-Afrika.  Ons vir jou, Afrikaans.

Dít sonder enige strydbyl in sig.

Ek dink die wêreld het die “eenheid in diversiteit” aangegryp: ons glo en hoop en weet eintlik tog tereg dat dít wat anders is, nie ons hoef te bedreig nie, maar kan verryk.

Netmooi die anderdag het my Facebook in ‘n boer verander, die woorde daarso is oorvertaal (soms minder goed, maar nietemin) in Afrikaans.  Vandag merk ek op my WordPress dashboard noem haarself nou ‘n “instrumentpaneel”.

Ja-nee, die strydbyl is verroes en lankal begrawe.

Die vredesvlag is opgehys.

Dit wapper oor die hele wêreld heen.

Afrikaans: no lesser place.

Staan in die algemeen nader aan Vensters

Standaard

Gisteraand was dit weer sulke tyd: studente, ouers, kinders en locals kon happily deur Victoriastraat vleg om die spektakel van Vensters te beleef!

Destyds was Vensters bloot die versiering van koshuise se buitevensters as voorbrand vir die Vlotoptog, hier-en-daar aangevul deur klein toneel-impromptu’tjies.

Maar vandag is Vensters, met groot geverfde doeke teen stellasies opgehang, opgeboude verhoë, luidsprekers wat die dialoog en musiek uitbasuin, ingedrilde dansies, professionele klank- en ligte, en goeie skarebeheer op paviljoene, die main event.

Koshuispare skryf in die vakansie hulle 10-minute stories, neem dit op, werk dansies uit, en beplan die kostuums en backdrop sodat, wanneer die jaar begin, die eerstejaars net hulle passies kan inoefen en perform.

Wat ‘n belewenis!

Vanjaar was daar méér vertonings, met nuwe privaatwyke, en Boland Kollege, Isa Carstens en Elsenburg wat ook deelgeneem het.  Die shows was grappig en goed gechoreografeer, en die gees in die skares en onder die eerstejaars opgewek, drankvry en vrolik.

Graag wil ek dus, namens die klomp random mense wat gisteraand ‘n gratis kunstefees kon beleef, baie dankie sê aan al die joolkomitees, eerstejaars en organiseerders wat ‘n vreugdevolle gemeenskapsfees op die been gebring het.  Ek sien uit na volgende jaar dié tyd!

Gaan kyk gerus op Kommerkas se blog vir kleurryke joolfoto’s.

…van Victoria tot Kloof

Standaard

‘n Metro (eersteklas) treinkaartjie vanaf Stellenbosch tot Kaapstad kos R12.  Vergelyk dit met die petrolpryskoste per motor: R12 is goedkoop.

‘n Trein is gerieflik: jy hoef nie te konsentreer op die verkeer op die pad nie, jy kan rustig lees, lekker gesels, aangaan met werk of bloot ontspan en die mense rondom jou dophou.

Baie mense is bang vir treinry in Suid-Afrika.  Dit is kwansuis gevaarlik.

Maar ek daag julle graag uit – klim een Saterdag saam met my op die trein – ons ry in die oggend deur Kaapstad toe, gaan fliek in die stad of drentel rond in Groentemarkplein, by die Adderleystraat blommeverkopers, of in die kunsgalery in die Tuine.  Ons stap tot in Kloofstraat en dan wys ek vir jou Arnold’s waar ‘n mens ‘n English breakfast vir R8 kan bestel.

Of as jy in Kaapstad is, klim saam met my op die trein en ry deur tot by die Bolandse berge; kom saam op ‘n wyntoer of drink koffie vir veels te lank in ‘n Sondagkraal-restaurantjie se binnehof, of kom kyk ‘n musiekuitvoering in die Endlersaal en draal op in Victoriastraat onder die laning bladverwisselende plataanbome.

(Kom op ‘n reëndag – kom drink bossietee en steel die stoom se asem.)

Baie Suid-Afrikaanse kinders word so beskermend groot agter hoë mure en elektriese heinings dat hulle nooit die goeie, decent working class mense van Suid-Afrika sien of opreg beleef nie.

Kom ry saam met my trein; klim uit op die stasie, vat saam met my ‘n taxi en pass jou kleingeld vorentoe.

Ek guarantee jou – jy sal nie gou weer kar wil ry nie.

* in antwoord op Karl se uitdaging.

Where have all the flowers gone?

Standaard

Gras groei nie aan bossies nie – veral nie as begrotings gesnoei word nie.

Dis nou die geval hierso aan weerskante van Victoriastraat.  Die Universiteit moes fokus op sy core business en noodwendig sy blare-hark en boompies-plant afdeling uitkontrakteer.

Wat ‘n jammerte – dit was destyds so ‘n vreugde om op kampus rond te stap – jy kon jou verkyk aan die kleurryke seisoenale plantegroei en sommer heeltemal van die verswelgende somers of die sneeukoue winters vergeet.

Ek wonder of dit die navorsingsuitsette van die Universiteit negatief gaan beinvloed?  Of dalk juis positief?

Hm, wat dink jy – is ‘n mens kreatiewer in ‘n mooi omgewing, of laat ‘n mooi uitsig jou gedagtes juis insluimer/wegdeins?

Grietjie en Hansie – ‘n Bos parodie

Standaard

—————————-

Hierdie “sprokie” is opgeneem in Die Literator waar dit as parodie bespreek is.  Ek post dit nou maar hier, omdat ek self terug in die Bos is! 😛  Verskoon asb. die taalgebruik – nie vir sensitiewe lesers bedoel nie!

—————————-

Grietjie en Hansie – ‘n Bos parodie

Net nou die ander dag rock Grietjie en Hansie op by die McD’s en lek hulle lippe af. Dis McFlurry tyd. En dis fokken laat. (Die son kom oor twee ure op en die Bos draai al klaar.)

“Fokkit!” sê Grietjie. “McDonalds is toe. Wie de fok het die fokken plek toegemaak? Die vraag hang in die lug. “Dis fokken fucked up!”

Hans knik sy kop inskiklik. “Dit is so,” sê hy en wag dat die wêreld ophou draai/sy kop met sy brein opvang.

Grietjie smeer haar makeup-gesig teen die glasdeur wat nie wil oop nie. Daar’s ’n overall tannie wat rondbeweeg binne. “Hey, fucking bitch!” skree sy en skop teen die glas. Dit maak ’n spinne­koppie/kring uit in ’n web. “Fokken maak oop!” probeer sy weer, maar die cleaner verdwyn agter in die kombuis met ’n besem. “Fokken heks!” skree sy agterna.

(Die BP-petroljoggies werk ongestoord voort. Die glasruit hy word elke week vervang en die studente hy is nie mooi.)

Hans sukkel met sy balans. Sy vroeëre kopknik-beweging vang hom nou. Hy gryp in die lug en val onelegant neer op sy knie. Hy voel naar. (Veels te veel rosyntjiesap.)

“Fok, staan op!”

“Ek moet badkamer toe…” mompel Hansie. Hy besef sy fyn moto­riese vaardighede is in hul moer. Hy het net pyn-moroniese vaardighede oor. “Fokkit, jy’s fucked,” sê Grietjie… “Jou klein doos.”“Ja…” kreun hy. Hy weet nie van die doos-deel nie, maar wat dronkheid betref, is hy inderdaad fucked. Grietjie kyk onsimpatiek na hom terwyl hy so beskaafd as moontlik op die grond probeer spoeg om sy naarheid weg te kry. “Waa’s’ie badkamer?”

“Fok jou! Fok off…”

Hansie stut mettertyd homself regop en sien vaagver ’n Klippies-en-Cola-poster teen die lamppaal swem. Hy swaaistap sukkelrig daarheen en hoor Grietjie verlangs vloek. By die baieste Klippies-lamppaal sien hy die pub en strompel by die trappe op. Êrens verbeel hy homself hy hoor ’n sirene.

Die dansbaan het net ’n uitgedunde groepie bittereinders en hy vleg maklik deur tot by die badkamer. Ná ’n ruk bibber sy selfoon. Hy vat ’n laaste sluk water, plas sy gesig wakker en lees Grietjie se SMS: “fok kom mcds toe.”

Hy maak so.

Of altans, hy probeer.

Buite die kuierkroeg volg hy die lamppale met die rooi-en-swart Klippies-en-Cola-Touch-Rugby-plakkate. Nou effe nugterder, is die pad heelwat korter.

Grietjie het nog nie moeg geraak van skop en skree nie. (Dit herinner hom aan kleintyd.) “Die plek is toe, Grietjie…” probeer Hansie toe hy naby is.

(Dit was die verkeerde ding om te sê.)

Op die volgende oomblik is daar glasskerwe oral en Hansie se lyf volg sy kop, of meer spesifiek, sy oor wat driftig deur sy suster gekoeksuster word.“Ék sal fokken besluit wanneer die plek toe is!”

(Of, meer spesifiek, wanneer dit oop is.)

“HAYI, SUKA WENA!,” skree die skoonmaakster. Iets is nie lekker met haar oë nie. Sy hou die besem beskermend voor haar bors. “EK GAAN HOM DIE BOERE (DIE POLISIE) BEL!” waarsku sy.

Hansie se kop suis van die oordraai. “Ons gaan in die sop beland, Grietjie!” skree hy. Hy verbeel weer hy hoor ’n alarm of ’n sirene of iets, maar dis waarskynlik die radio wat hard binne die McDonalds weergalm.

“Maak my ’n chicken McMeal, ’seblief,” sê Grietjie, amper beleefd (soos wanneer sy vir haar ouers vir nog sakgeld vra).

“Nie vir my nie, dankie!” chip Hansie in. “Ek’s op ’n dieet.”

“HAYI, WHAO! SUKA WENA! DIE KOMBUIS HY IS TOE! GA’ HYSTOE! VOETSEK! DIE POLISIE, HY GAAN JULLE VANG!”

Grietjie grinnik grimmig.

“Daar het jy dit nou, Grietjie…” probeer Hansie so diplomaties en sober as moontlik. “Ons kan net-nou ontbyt eet.Hy kners op sy tande.Kom ons gaan…

Fokkit! sê Grietjie en kyk na die glasskerwe wat oral lê. Die glasoog cleaning lady dans bewerig soos ’n sangoma op ecstacy, alkohol en ongeëtiketteerde happy pills. Self gebeur als in Grietjie se kop in slow motion. Hansie krul onder haar duim-en-voorvinger-greep en kerm kort tjankgeluidjies. Buite kyk die petroljoggies soos opgewipte meerkatte na die hele petalje en duskant sien sy drie dronk ouens wat plakkate van die lamppale steel.

“Fokkit, Hansie…” sê sy weer. Die skoonmaakster steier stadig terug en val oor ’n stoel wat agter haar staan. Dit vat ’n ewigheid. Hansie wring Grietjie se voorvinger langsamerhand van sy oorlel af en ploeter lomp op die grond rond. Hy het glas in sy bene en op sy wang. Tyd staan amper stil.

’n Dik bedompigheid vermolm Grietjie se moed, so asof sy gaan uitpass. Sy voel half-doodnugter. “McFuckit, Hansie!” probeer sy weer en sien in haar gekraakte weerkaatsing te veel rooi.

En toe is dit dit.

’n Ruk later toe die wit ambulans aankom, was dit gans te laat.

Hansie is hospitaal toe en het kort daarna vir McDonalds gesue oor té gevaarlike glas en miljoene uit ’n settlement gekry. (Dis hoekom daar deesdae waarskuwings op glasdeure en vensters is.)

Die heks het nog tot laat wakker gebly, die cash register leeg-gesteel, die skerwe met ’n skoppie en borsel opgevee en al die bloed van die teëls opgemop.

KUGQITHA.

—————————-

Hierdie “sprokie” is opgeneem in Die Literator waar dit as parodie bespreek is.  Ek post dit nou maar hier, omdat ek self terug in die Bos is! 😛  Verskoon asb. die taalgebruik – nie vir sensitiewe lesers bedoel nie!

—————————-