Die dood hang in die lug

Die dood hang in die lug

Ek het gister in ’n geplukte roosmaryntak in ’n vaas op my kombuiswasbak-vensterrak twee spinnekoppe sien sit, toegeweef in hulle spinnerakke van blaar tot blaar.

Gewoonlik laat ek spinnekoppe begaan, maar helaas nie gister nie. Ek vat ’n spuitkan-gif en spuit die lyfies wit. En oombliklik sak een se pootjie lam en die ander een omgekeer-verstrik.

Dis nogals treffend só ’n dood waar die spinnekoppe eintlik steeds lewend lyk, en twee versreëls kom skielik by my op: the spider dies unceremoniously | suspended in its web. Vanoggend speel ek toe verder en brei die gedagte uit tot ’n pantoen:

>>

the spider dies unceremoniously
suspended in its web
its fine body glazed with poison
hanging by a thread

suspended in its web
almost alive, but still and dead
hanging by a thread
as time passes by

almost alive, but still and dead
its fine body glazed with poison
as time passes by
the spider dies unceremoniously

>>

Nog ontevrede met die herhalingsritme en oorloop van die reëls, skommel ek hulle toe verder op, maar is nog nie tevrede nie:

>>

almost alive, but very still and very dead
the spider dies unceremoniously
its fine body glazed with poison
suspended in its web

the spider dies unceremoniously
as time passes by
suspended in its web
hanging by a thread

as time passes by
its fine body glazed with poison
hanging by a thread
almost alive, but very still and very dead

>>

Enige raad hiermee?

Onthou, my Engels is maar vrot!

heelbreindenke

heelbreindenke

 

Om denke te verstaan, onderskei mense dikwels tussen linker- en regterbreindenke: jou logiese, analitiese vermoë teenoor jou kreatiewe, skeppende vaardigheid. Dit is ’n handige konstruk – en met eenvoudige aksies (soos om met jou nie-dominante hand te skets of skryf) kan jy jouself inoefen om geredelik van denkmodus te verwissel.

Linker-regter brein is ’n handige konstruk – maar ek vermoed jou breinfunksies is wel meer verweefd as wat die linker-regter onderskeid veronderstel. Nietemin.

My hipotese is dat, vir leer om so effektief as moontlik plaas te vind, jy so gereeld as moontlik ’n wisseling tussen die logies-wiskundige, sistematiese manier van dink – en die speelse, skeppende vrye assosiatiewe wyses van dink, moet aanmoedig: jy moet jou kop kan oopmaak en lateraal dink en dan jou idees orden en uitdun en dan weer oopmaak in ’n iteratiewe proses.

Dis hoekom, voel ek, ’n mens speel moet inbou by jou werkplek, hoekom jy poësie moet onderrig nie net deur ou meesters se werk te analiseer nie, maar deur mense eers te laat skryf en sukkel – en dan te laat lees en die truuks van die meesters ontdek – en dan weer skryf en nog idees genereer, uitdun en weer probeer.

Te gereeld word alle spel en pret van ’n leervak gestroop tot jy oorbly met ongekontekstualiseerde feite. Te gereeld bemoei ons werknemers met pretlose opdragte en verwag dat hulle net linkerbreinagtig in werksplekke moet omgaan.

Die taak van opvoeders, voel ek, is om so slim as moontlik leerders te kry om ten volle met ’n engaged mind die wêreld krities te beskou. Om neurondraadjies oor beide lobbe te span.

die son swel gewis

die son swel gewis
So

die son swel gewis
oor ieder en elk
oor knotwilg en wilderoos
sonder oordeel, vermoed ek
want kyk - die skadu’s strek wees
vertak langsamerhand met uitgestrekte vingers
oor stof en sand
- luister: nou klink die lieweheersbesies skril in die blaar
waar die horison steeds bewe
en in ’n feller renons in ons son
sien ons onsself terreurloos

   die gesig van die roos
   verwelk
   die knotwilg sweet verlep
   en dieselfde goeie gelag sal ons weldra verdra
   soos die middagsomer

in geile oordaad

Woordemoes

Woordemoes

Met my vorige paar inskrywings het ek ’n klompie gedigte gepost wat ek vinnig geskryf het ná ’n  rondspelery op wordle. Wat ek doen, is ek copy en paste twee of drie gedigte (of ander stukkies teks) in, laat die program ’n woordemoes-prentjie skep, en gebruik dan die woorde om in versreëls iets nuuts te konstrueer: lekker postmodernisties as jy my vra: something old, something new, something borrowed, something blue.

Kyk gerus na my woord-stimulus inskrywing en speel saam; basta met die diepere dinge – om digterlik te leef, beteken nie jy hoef ’n grootse digter te wees nie – en om skeppend te wees, beteken nie jy hoef als nuut uit te dink nie. Kreatiwiteit en heelbrein-dink gaan ook daaroor om ouerhede te vermeng met nuwe gedagtes. Kyk gerus of die stimulus vir jou werk.

Speel saam! Skommel sommer jou eie skryfsels in die wordle-blender (die woordverwerker) en kyk watter nuwe kombinasies kom op! Sodra vreemde woorde verrassend langs mekaar staan, spring jou brein in overdrive om ’n kreatiewe konneksie te skep. And that is when the magic happens.

Sensus-opname

Sensus-opname

kleef soos ontbinding aan my vas
geliefde
dat ons die verligte stene op mekaar kan pak
soos sonlig
gee momentum aan my doodsteek
sodat die ware reptiele van die waters
kan verbrand tot taal
die eenvoud is aangeraak hier
om die volledige troos daarvan uit te spreek
om die engele te laat fluister
die (o)opgesoekte skoonheid van besef
(die vloeibare kwade probeer ons tot morele uitdrukking gee hier)

jy het gelyk
alleen geboorte gegee
aan ons gemeenskap

Wie sal die rok van die diere dra?