Ek het gister in ’n geplukte roosmaryntak in ’n vaas op my kombuiswasbak-vensterrak twee spinnekoppe sien sit, toegeweef in hulle spinnerakke van blaar tot blaar.
Gewoonlik laat ek spinnekoppe begaan, maar helaas nie gister nie. Ek vat ’n spuitkan-gif en spuit die lyfies wit. En oombliklik sak een se pootjie lam en die ander een omgekeer-verstrik.
Dis nogals treffend só ’n dood waar die spinnekoppe eintlik steeds lewend lyk, en twee versreëls kom skielik by my op: the spider dies unceremoniously | suspended in its web. Vanoggend speel ek toe verder en brei die gedagte uit tot ’n pantoen:
>>
the spider dies unceremoniously
suspended in its web
its fine body glazed with poison
hanging by a thread
suspended in its web
almost alive, but still and dead
hanging by a thread
as time passes by
almost alive, but still and dead
its fine body glazed with poison
as time passes by
the spider dies unceremoniously
>>
Nog ontevrede met die herhalingsritme en oorloop van die reëls, skommel ek hulle toe verder op, maar is nog nie tevrede nie:
>>
almost alive, but very still and very dead
the spider dies unceremoniously
its fine body glazed with poison
suspended in its web
the spider dies unceremoniously
as time passes by
suspended in its web
hanging by a thread
as time passes by
its fine body glazed with poison
hanging by a thread
almost alive, but very still and very dead
>>
Enige raad hiermee?
Onthou, my Engels is maar vrot!

die branders stol wit
ons breek ’n streep deur klank, grens
tussen land en wolk
’n ragfyn landskap en stil
sagte sandspel van onthou
So
die son swel gewis
oor ieder en elk
oor knotwilg en wilderoos
sonder oordeel, vermoed ek
want kyk - die skadu’s strek wees
vertak langsamerhand met uitgestrekte vingers
oor stof en sand
- luister: nou klink die lieweheersbesies skril in die blaar
waar die horison steeds bewe
en in ’n feller renons in ons son
sien ons onsself terreurloos
die gesig van die roos
verwelk
die knotwilg sweet verlep
en dieselfde goeie gelag sal ons weldra verdra
soos die middagsomer
in geile oordaad
met tevrede voete staan jy
ingehark in die sandbak
jou kuif oopmond soos ’n swaai
jou kindergeskal luid en wild
terwyl jy (my groen sprinkaan)
voluit jil
haasbek
sodat die voëltjies verwilderd fladder
en die sproete wip op jou neus
