Monthly Archives: Februarie 2009

Die radio vra: Kan blogs goeie waardes bevorder?

Standaard

“Het blogs ‘n rol te speel in die bevordering van goeie waardes?” is die vraag wat ek môreoggend moet beantwoord.

Enige idees?  Ná my vorige posts oor Seks met skoolmeisies en Seks met ouer vroue weet ek nie of ek die beste persoon is om die vraag te beantwoord nie, hehe.

‘n RSG-omroeper wil blykbaar ‘n program saamslaan oor “waardes” en “jongmense” en die idee is dat ek die buzzword “blog” moet ingooi.

Hoe dink julle? Kan ‘n mens blogs suksesvol inspan om “waardes” te onderrig?

Ek probeer met my lesse wat ek onder LIFE SKILLS skryf (soos my posts oor rook, drink, vloek en vry) kontensieuse kwessies aanraak, maar hoe dink julle?  Hoe onderrig ‘n mens waardes aan jongmense?

Sou julle tieners aanmoedig om facebooking met blogging aan te vul?

Seks met skoolmeisies

Standaard

Noodwendig, ná my inskrywing oor altwee kante van ‘n debat én my post oor seks met ouer vroue, voel ek verplig om hierdie fliekdialoog aan te haal: 

Grandpa: Can I give you some advice?
Dwayne: [shakes head “no”]
Grandpa: Well, I’m going to give it to you anyway. I don’t want you making the same mistakes I made when I was young. Dwayne, that’s your name, right? Dwayne? Listen to me, this is the voice of experience talking–are you listening? Fuck a lot of women, Dwayne.
Richard: Dad!
Grandpa: I got no reason to lie to you kid, fuck a lotta women. Not just one, a lot. So are you gettin’ any? Is it going anywhere?
Dwayne: [shakes his head no]
Grandpa: No? Jesus! What are you? 15? You should be gettin’ that young stuff! That young stuff is the best stuff in the world!

– uit die fliek, Little Miss Sunshine

Want daar’s iets aan ‘n jong, soepel vel – ongeskend, onverweer deur tyd.  Die rilling deur haar lyf as jy haar sagkens streel met die rugkant van jou hand.

Seks met ouer vroue

Standaard

My beste valentynsdag was drie jaar terug dié tyd in Kaapstad.

Ek en my beste vriend en sy flatmate (twee van ons single en een it’s complicated) het manlik alleen elkeen ‘n burger-en-bier special by Arnolds, in Kloofstraat, bestel.

My bier het ek verruil vir ‘n whiskey of vier, en so het ons nog gesit en mor en kuier en rook, toe die tafel langsaan ons eensklaps opsyskuif vir drie swart nommertjies, elegant gedrapeer om drie beautiful lywe van drie aantreklike, vroeë-veertigs vroue.  Single en opgedress vir ‘n divorcée’s aand uit.

Die versinnebeelding van vrouwees.

lees verder

Debatte, redenasies en stomende blogs

Standaard

In standerd 6 het ek my hand opgesteek in die Engelse klas.

Die juffrou was naarstaltiglik op soek na leerders vir die Rotary Debating se junior debatspan.  En niemand was bereid nie.

Toe dink ek: ek kan nie is en are nie, en ek hou nie daarvan om voor mense te praat nie – die bottervliegies swerm in my maag rond – en dit lyk nie my na ‘n cool ding om te doen nie…

Klaarblyklik het die dink nog nie behoorlik in my losgekom nie, want vir enigiemand anders sou 1. Vrot concord 2. Vrees vir praat voor mense en 3. uncool ding om te doen, logieserwys gelei het tot 4. Moet ten alle koste nie jou hand opsteek nie.

Nietemin, my hand was in die lug en ek het heel verbaas daarna opgekyk.

lees verder