Ek glo in verbeelding en vrydenkende leierskap (imaginative leadership) – om nuwe werklikhede te kan bedink, jouself in ander se skoene te plaas en om met empatie en deernis saam ’n beter toekoms te probeer skep.

Hierdie aanlynjoernaal boekstaaf my pogings om (i) self kreatief te wees (ii) skeppendheid by ander aan te wakker (iii) kritiese denke te ontwikkel en om (iv) leerders, studente en onderwysers uit te daag om aktief vernuwend te wees.

>>

Om hierso te skryf, help my ook om te leer. Hierdie blog bied my die kans om (v) te reflekteer: om te probeer verstaan wát ek leer, wanneer ek dinge reg doen en wanneer ek foute maak – en my leergebeure só te vertel sodat dit sin maak vir ander, julle gemaklik voel om van my te verskil en ons saam tot wyser insigte kan groei.

Ek is netsoveel ’n leerder as ’n onderwyser in hierdie konteks. Frustreer my dus gerus, wees subversief, laat my lag, wys my foute uit en laat my twyfel in my aannames. Help my om te sien wat belangrik is.

(En jammer as ek jou ontstig; ek bedoel dit goed.)

2 responses »

  1. Goeie dag:
    My kind,grd 10, het so pas gehoor dat dit nie n goeie opsie is om voort tegaan met Wiskunde nie, en te verander dan na Wiskunde Gelettertheid. Dus het dit ook n invloed op die vak Fisiese Wetenskappe wat hy geneem het. Hy word nou aanbeveel om Wiskunde Gelettertheid en CAT te neem saam met die volgende vakke: Afr(1ste), Eng(2de), LO, Siviel Teg, Lewenswetenskap.
    Die vraag nou is watse loopbaan deure kan dit vir hom oopmaak? Asb sal u leiding en raad waardeer!
    Dankie Marita

    • @Marita: Ek is ongelukkig nie ‘n beroepsvoorligter nie; kan ek aanraai dat julle só iemand gaan sien? Wiskunde maak meer deure ten opsigte van nagraadse studie oop as wat Wiskundige Geletterdheid doen.

Lewer kommentaar