Monthly Archives: Januarie 2008

Forever young / who wants to live forever?

Standaard

Gestel die nuutste mediese deurbraak keer actually dat ‘n mens verouder.  Jou selle verinneweer bloot nie, maar herstel hulleself perfek.

Ek praat nou nie van velroom wat ouderdom verbloem nie; dink eerder in terme van ‘n reeks behandelings wat jou selle se mutasies verminder, kanker voorkom, lewerversaking keer, ens.

Sal die staat die behandelings aan almal toestaan – as roetine-doktorsbesoeke, of sal dit net aan enkelinge beskore wees?

Gestel dit stoot die mens se lewensverwagting drasties op, soos wat die ontwikkeling van sanitasie destyds gemaak het.  Mettertyd sal almal seker toegang daartoe hê…  Hoe sal dit die mensdom beinvloed?

  1. Sal dit mense wyser maak… of onverskilliger?  Tog sekerlik het jy meer tyd om jouself met kennis en lewenservaring te verryk; of sal die “onsterflikheid” jou meer hedonisties (plesiersoekend) en roekeloos laat optree?
  2. Sal dit die bevolkingsyfer drasties opstoot of sal daar streng geboorteregulasies ingestel word?
  3. Is dit ‘n menslike behoefte om dood te gaan/verganklikheid te ervaar (om sin te gee aan die lewe), of is daar slegs ‘n lewensdrang by mense?
  4. Op watter ouderdom sal jy voel jy het genoeg ervaar en jou lewe afstaan vir ‘n nuwe geboorte (om jou plek in te neem)?

Gestel die medikasie en/of behandelings is besonder duur – hoe maak ‘n mens dan?  Word net die Nobelpryswenners se lewens verleng, of Oprah s’n of wie dink jy behoort ‘n langer lewe gegun te word?

Wat sal jy doen om jou 200ste verjaardag te vier?

Life skills #3 – social smoking

Standaard

Facebook feeds verklap gedrag

Ek het onlangs ophou onderwyser-wees by ‘n skool in Kaapstad. Om kontak te behou, het ek enkele leerders ge-add as facebook-friends. Eers net een of twee matrieks; toe ‘n kranige graad 11 skaakspeler wat my lesse sal mis, en daarna sommer ‘n verskeidenheid graad 8 tot 10’s.

Nou sit ek met ‘n hele spul van hulle.

Dis uit hulle facebook news feeds (videos, foto’s, posts) lat ek die volgende aflei:

  1. hulle rook
  2. hulle drink
  3. hulle vloek
  4. hulle vry

…al van vroeg af.

En dis die soetes.  Hulle is nie skaam daaroor nie; inteendeel, hulle comment trots oor-en-weer op mekaar se kuierfoto’s.  Selfs hulle profile pics is dikwels riskant.

By ‘n onlangse house party is ‘n honderd drankbottels in swartsakke na die tyd weggegooi – en is die gasheer-kuiergat nou tot April gehok.  Shame.

Persoonlike welsyn – Those who do not, teach

Dit laat my dink dat daar in heelwat gevalle leerders is wat meer “lewenswys” is as die onderwysers wat hulle onderrig.  Leerders wat al meer rondgetoer het deur die wêreld, meer upper-class funksies bygewoon het.  Al van veel vroeër af deur die strate van Kaapstad gecruise het en eerstehands met seks, dwelms en emo te doen gekry het.

Hm, miskien is “lewenswys” nie die regte woord nie, maar nietemin, julle verstaan wat ek bedoel.  Hulle ken die kuierplekke in Kaapstad en die kunsgalerye van Amsterdam.

Dis in die lig hiervan dat ek versigtig is om “klas te gee” in die bogenoemde vier punte (rook, drink, vloek en vry).  Ek gaan eerder praat oor social smoking – en wag dat julle vir my vertel wat julle opinie is daarrondom.  Die comments kan anoniem wees; jy hoef nie jou naam te gee nie.

To smoke or not to smoke

Ek vermoed dat dit deesdae ‘n sosiale plig is om te leer rook.  Dis deel van menswees – hoe jy met rokers omgaan (sonder om hulle bv. te veroordeel vir ‘n bad habit).

Alhoewel daar strenger wetgewing is oor waar jy mag rook, en die pakkies vol waarskuwings is, bly rook ‘n sosiale verskynsel.  Biljoene mense rook desondanks die longkanker, emfiseem, geel tande, geel vingers, en slegte asem wat dit hulle gee.  Want dis lekker.

Hoekom brandende stuff inasem?

Miskien voel jy rook is regtig vuil en ‘n afskuwelike gewoonte.  En jy’s reg.  Die idee van teer inasem, is nie aanloklik nie, maar nikotien en ander narkotika (dwelmmiddels) word maklik en vinnig deur die longe direk in die bloedstroom opgeneem, so die uitwerking van iets inasem, het dikwels ‘n vinniger reaksie as om iets te kou/eet/in te sluk.

Die lekker stuff wat jy inasem met sigarette is nikotien – dit reageer (chemies) met die endorfiene en dopamien in jou brein wat jou ‘n ligte high gee.  Sterker dwelmmiddels soos dagga, heroïen, coke en tik het sterkter chemiese reaksies in jou liggaam – en spesifiek in jou brein wat permanente skade aanrig.

So, hoekom leer rook?

Wel, dis moeilik om jonk te wees, uit te gaan na ‘n kuierplek, en nie met rokers te doen kry nie.  So, jy moet leer hoe om sosiaal in te pas en die rokery-storie te doen, of nie te doen nie, met styl either way.  Die groot rede hoekom jy moet leer van rook, is sodat jy nie verslaaf raak aan sigarette (of ander goeters) nie.

Jy wil nie verslaaf raak nie, omdat dit vir jou baie geld gaan kos (veral as jy ‘n pakkie ‘n dag gaan rook), jou gesondheid obviously gaan opneuk, en nie cool gaan wees as jy die heeltyd met ‘n sigaret in jou mond moet sit nie.  Dis dalk okay om in ‘n sosiale konteks ‘n sigaret vas te hou, maar om in die reën buite te moet gaan staan omdat jy nie sonder ‘n sigaret kan klaarkom nie, is net sad, dink jy nie?

Hoe om nie verslaaf te raak nie

  1. Wanneer die hubbly jou kant toe kom, sê dit het jou laas keer so naar gemaak, dat jy nooit weer wil hubbly rook nie.
  2. Of puff eerder die hubbly net ‘n bietjie, moenie dit te diep inasem nie.
  3. Of asem dieperig in die tweede keer, proes ‘n bietjie, en puff die res van die aand, en pass dit redelik gereeld aan.
  4. Wanneer mense sigarette aanbied, sê nee, jy sukkel met jou asma.
  5. Of puff die sigaret ‘n bietjie, maar moenie diep inasem nie.
  6. Of sê net nee, jou ouers/oom/broer rook soos ‘n skoorsteen en jy dink dis ‘n crap idee.
  7. Of asem dieperig in een of twee keer, maar puff die res van die sigaret maar net, en moenie nog ‘n derde en vierde sigaret die aand rook nie.
  8. Sê maar eerder nee vir shaky goed as jy nie weet wat iemand vir jou aanbied nie; jy weet nie watter stuff is in ‘n spliff gerol nie.
  9. Dalk kan jy die een wees wat sigarette aanbied, of dit rol, of die lighter/vuurhoutjies het, maar probeer om eerder nie die ou te wees wat heeltyd bum by die res nie.
  10. Fokus op die grappe en die gesels, hoe meer jy praat en deelneem, hoe minder het jy ‘n sigaret in jou hand nodig om jou mond mee besig te hou.

As jy hou van rook – dan rook gerus.  Maar doen dit soos wat dit bedoel is om te doen – as ‘n sosiale ding.  Soos wat die Xhosa’s in die Oos-Kaap dit destyds met hulle lang pype gedoen het, of die Indiane, of jou oupa op die plaas se stoep met ‘n langsaam-gestopte tabakpyp waaraan hy heelaand teug en stories aan die kleinkinders vertel.

Daar is ‘n tyd en ‘n plek vir dwelmmiddels – stuff wat jou aanvanklik (dalk) “happy” laat voel en later laat kots, maar dis nie alleen, agter die muur op die skoolgronde se verbode terrein nie.  Geniet dit om te rook, tussen vriende, met ‘n gelag en ‘n gesels.  Nie a.g.v. ‘n craving nie.

Of hoe dink jy?  Moet leerders sommer in ‘n LO-periode sigarette en ‘n ligther kry sodat hulle kan proe hoe dit proe om te rook?

Do it badly, but do it

Standaard

Ek het ‘n hele paar vriende, en ‘n familielid inkluis, wat besig is met hul doktorsgrade.

Van my kant af, sterkte!

Die hele proses van navorsing doen vir ‘n PhD: om ure alleen te sit, te wroeg met ander mense se literatuur; eie, onnodige proefnemings herhaaldelik te laat flop; onbetrokke promotors te probeer flous dat jy op die punt van ‘n deurbraak is, en om dan alles, sistematies volgens die tesis-patroon neer te skryf, is ‘n besonder frustrerende oefening.

Hoekom doen mense dit?

Sommige van my vriende wil dosente word.  Dus is dit nodig, ter wille van bevordering, om ‘n doktorsgraad agter (oftewel voor) hulle naam te kry.  ‘n Universiteit is immers ‘n navorsingsinstansie, so ‘n mens kan nie net ‘n glorified onderwyser wees nie – navorsing moet jou passie wees – jy moet op die cutting edge van jou vakgebied bly.

Hm.

Dit is vir my lekker om klas te gee.  Dis ook vir my lekker om op die hoogte te bly van wat aangaan.  Maar om konstant navorsing te doen…  Ek weet nie of ek genoeg in een spesifieke veld belangstel om al my tyd daaraan te wy nie.

Sommiges wil weg, uit die Akademie kom, maar soek nog steeds die titel.

Party het ‘n beurs en is nou te diep in die skuld om ‘n u-turn te kan maak.

Ander doen dit ter wille van die Navorsing. 

Aan almal, my innige simpatie!  Ek weet hoe dit is om ongemotiveerd voort te ploeter aan ‘n M-tesis.  ‘n Mens voel skuldig en pateties en raak depressed.  Om in ‘n akademiese veld na te vors, voel dit my, is ‘n baie “alleen” oefening.  Dis jy, jou tyd, jou inspanning, jou kreatiwiteit, en ek weet van min mense wat trots is/was op hulle eindproduk.

My enigste advies, wat ek van ‘n vriend gekry het wie se mantra dit vanjaar is, is:  Do it!  Do it badly, but do it!

Goeie akademici, glo ek, is van nature skepties, presies, en stel hoë standaarde en eise aan hulleself.  Dus, maak jouself asseblief tog los van jou OCD – net vir ‘n rukkie – sodat jy genoeg sinne op ‘n papier kry vir jou promotor om dit te kan kritiseer.

Kan ‘n mens nie eerder in groepies saamwerk aan ‘n PhD nie?  Hoekom is ons so obsessed in die akademie om één persoon alleen op te saal – en krediet te gee – vir sy/haar semi-oorspronklike gedagtes?  Kan twee mense mekaar nie makliker motiveer nie?

“Copy from one, it’s plagiarism; copy from two, it’s research.” (Wilson Mizner)

Wat dink jy, is ‘n “dr.” vooraan jou naam al die twyfel en selfmoord-gedagtes werd?

Where have all the flowers gone?

Standaard

Gras groei nie aan bossies nie – veral nie as begrotings gesnoei word nie.

Dis nou die geval hierso aan weerskante van Victoriastraat.  Die Universiteit moes fokus op sy core business en noodwendig sy blare-hark en boompies-plant afdeling uitkontrakteer.

Wat ‘n jammerte – dit was destyds so ‘n vreugde om op kampus rond te stap – jy kon jou verkyk aan die kleurryke seisoenale plantegroei en sommer heeltemal van die verswelgende somers of die sneeukoue winters vergeet.

Ek wonder of dit die navorsingsuitsette van die Universiteit negatief gaan beinvloed?  Of dalk juis positief?

Hm, wat dink jy – is ‘n mens kreatiewer in ‘n mooi omgewing, of laat ‘n mooi uitsig jou gedagtes juis insluimer/wegdeins?

Life skills #2

Standaard

Ek het hierdie blog begin met die idee dat ek miskien ‘n nuttige stel lesse kan post, veral vir die leerders by HS JvR vir wie ek nou aan die begin van 2008 vir die Universiteit van Stellenbosch verruil het.

Toevallig sal ek dan nou-en-dan iets “kreatiefs” ook kan post.

Sover gaan dit heel maklik met die Xhosa-lesse, dit verg min dinkwerk van my kant af om kort-brokkie lesse uit te dink – ek weet mos wat ek doen; ek het nou al vir verskeie mense bietjie-bietjies Xhosa geleer.  (Ek moet net nog soundclips uitfigure en ook post.)  Ek weet net nie of mense dit actually lees en/of interessant vind nie.

Maar Lewensoriëntering…  Dis nou ‘n anderste tipe vak.  Ene waarvoor ek nog nie ‘n volledige kurrikulum ooit uitgewerk het nie.  En hoe praat ek nou oor Persoonlike welsyn, Burgerskap, Ontspanning en fisiese welsyn, en Loopbane en loopbaankeuses, sonder om vervelig te wees?

Of te preek.

Ek wil allermins vir mense blog oor sielkundige terme (die vetgedrukte woorde in LO-handboeke) nie.  Ook wil ek nie so polities korrek blog dat politiek en demokrasie boring is nie.  Of tienerseks ontmoedig nie.

Ek wil great tips gee vir jongmense sodat hulle beter voorbereid is op die hele grootwordproses.

Nou hoe doen mens dit?  Watter lesse sou jy wou geleer het toe jy jonk was?

En, as jy ‘n secure (sonder ouers of kollegas in die omtrek) rekenaar het, wat dink jy van http://midwestteensexshow.com/?  Is daar van julle wat met my wil saamwerk om iets soortgelyks in Afrikaans te maak?  ‘n Prettige, no-nonsense videoreeks oor seks? 

Dink julle dis hoe ek die Lewensoriëntering-bloglesse moet benader?

korte mette maak van kappery

Standaard

Hou julle van die verbruikersamelewing waarin ons leef?  Wat het geword van die barbershop op die hoek?  Die ou Duitse omie vir wie almal ken, en wat jou uitvra oor jou uitgebreide familie terwyl hy stadig jou hare kort-kort-korter knip?

My mees onlangse haarsnit-besoek het soos volg verloop:

Toevallig loop ek verby ‘n kitskapwinkel; ek’s eintlik van plan om ‘n wegneem-ete by die shop langsaan te kry, maar ek vryf my kuif, besef dis te lank, kyk op my horlosie, reken daar’s genoeg tyd, en stap in.

“Hallo,” groet ek.
“Hallo,” groet sy.

“Hoeganit?” vra ek.
“Goed,” sê sy.

Daar is drie spieëls oop.

“Is julle besig?” vra ek.
“Ons het tyd,” antwoord sy.

“Nou?” vra ek.
“Ja,” sê sy.

Sy lei my na ‘n stoel by die wasbak.

“Hallo,” sê die wasbak-vrou.
“Hallo,” sê ek.

Ek gaan sit.

“Handdoek,” sê sy.  En sit dit om my nek.
“Dankie,” sê ek.  En leun my kop agtentoe.

Sy masseer my hare met louwarm water.  Dan met laventel-sjampoe.  En dan weer met water.  Sy droog my hare driftig af met die handdoek.

“Regso,” sê sy.
“Dankie,” sê ek.

Ek staan op en volg haar tot ‘n tweede stoel.

Ek trek ‘n gesig vir die spieël.
Dit trek ‘n gesig terug.

“Sit,” sê vrou nr.3.
“Ek maak so,” sê ek.

Sy kyk in die spieël na my.  Ek kyk in die spieël na haar.  Sy glip ‘n groot voorskoot om my nek.  En skuif die handdoek reg.

Sy kyk in die spieël hoe ek na haar kyk.  En ek kyk in die spieël hoe sy vir my kyk.

“Hallo,” sê ek.
“So?” vra sy.

“Korter ‘seblief,” sê ek.
“O,” sê sy.

Ons kyk in die spieël.

“Hoe?” vra sy.
“Netjies,” antwoord ek.

“Kort?” vra sy.
“Ek weet nie,” sê ek.

Sy krap my hare rond.  Knip plek-plek.  Ek hou haar dop.  Wanneer sy in die spieël kyk, kyk ek vinnig weg.

“Jou hare is maar dun,” sê sy.
“Ja,” sê ek.  “Kan dit nie effens vorentoeër kom nie?” lag ek.

Ek wys na my haarlyn.  Sy frons effens.

“Ons kan highlites insit,” sê sy.
“Ek weet nie,” sê ek.

“Dit sal dit dikker laat lyk,” sê sy.
“Hm,” sê ek.

Sy knip versigtig om my ore.  En wys dan na my slape.

“Jy is blond hier voor,” sê sy.
“Ja,” sê ek.

“Dit sal dit dikker laat lyk,” sê sy.
“Ek weet nie,” sê ek.

Sy werk vlytig met skêr en vingers.

“Moet ek uitvind hoeveel dit kos?” vra sy.
“Ek weet darem nie,” sê ek.

Sy loop toonbank toe.  My oë volg haar in die spieël sover ek kan.  Dan kyk ek maar weer vir myself.  Ek verbeel my ‘n klomp helder highlites.

“Vyf-en-twintig rand,” sê sy.
“Vir als?” vra ek.

“Vir ‘n foilstrip,” sê sy.
“Hm,” sê ek.

“Drie strips sal dit doen,” sê sy.
“O,” sê ek.

“Sal jou hare dikker laat lyk,” sê sy.
“Ek weet darem nie,” sê ek.

Sy knip-knip voort en tilt dan my kop vorentoe om my nekhare te skeer.  Dan stof sy die haartjies af en hou ‘n spieëltjie agter my kop.

“Reg?” vra sy.
“Dink so,” sê ek.

“Hoe dra jy dit?” vra sy.
“Ek weet nie,” antwoord ek.

Sy vroetel-kam my hare eenkant toe met haar hande, dan ander kant toe.  Toe sy tevrede is (of tevrede is dat ek tevrede is), hou sy op.

“Dankie,” sê ek.

Ons stap toonbank toe en ek gee vir ‘n vierde vrou R100.

“Hallo,” sê ek.
“Hallo,” sê sy.

Sy maak die kasregister oop en gee vir my kleingeld.

“Dankie,” sê ek.
“Totsiens,” sê sy.

Ek vryf my hare so effens deurmekaar, knik my kop vir vrou nr.1, waai vir die vrou agter die wasbakke, bedank vrou nr.3 en groet vrou nr.4.

“Totsiens,” sê ek.

Soos ek uitstap, let ek op dat daar nou ‘n hele tou mense is.  En, om geen verklaarbare rede nie, haak ek vas voor die wegneem-ete-plek en besef skielik ek is nie meer lus vir ‘n wacky wednesday special nie.

imagine all the people

Standaard

Load shedding is nou vir my ‘n nuwe ding.

Toe ek in Kloofstraat, Kaapstad gebly het, het ek gelag vir die bruin/oranje-boodskappies wat SABC en Eskom oor my skerm laat scroll het.  Ek was te na aan die CBD om ooit ‘n kragonderbreking te beleef.  Ek’t gedog dis ‘n mite.

Maar nie in Stellenbosch nie – o, nee.  Hier kry ek e-mails met dae van die week en tye wat die krag sal af wees, en ja, wrintiewaar, soos klokslag switch als af (nogals effektief!).  Haha, ek weet nie veel van die land se ekonomie nie, maar heck, ek geniet dit!

Die 14:00-16:30 ene is soms ‘n bietjie lastig, veral as jy verwoed besig was om ‘n e-mail te stuur.  Maar die eerste keer toe dit gebeur, toe pak ek sommer my goedjies weg en gaan geniet ‘n koeldrank/roomys met ‘n vorige dosent van my, in die Botaniese Tuine.

Hm, as ek vol lof is vir die kragonderbrekings, moenie my verkeerd verstaan nie, dan is dit nie lat ek nie in die middag wil werk nie, maar oordat ek veral hou van die laataand uitskop-tye.  Die 22:00-23:00 ene – dis wanneer die sterre en kersies ‘n bietjie uitkom!  Hemels.

G’n niks se televisiestemme wat tot net voor slapenstyd in jou kop in dreun nie, of musiek van bure of enigiets nie.  Stadig, stilstadig, kruip mense uit op hul balkonne; jy sien die fluweel speldekussing van die nag, en die flikkerende kersies in vensterbanke.  Jy hoor mense se stemme.  ‘n Gelag.

Miskien word ‘n vuurtjie aangesteek.

En dis asof, tussen e-mails en internet, mense weer – net vir ‘n oomblik – die kans kry om mens te wees.

So: ek stel voor ons bly hierby.  Ons recycle papiere, bottels, blikkies en glas – maar switch ook ons chargers en ligte af.  Gee vir die aarde – en die mensdom – net ‘n ruskansie vir ‘n uur elke dag.  Kom ons spaar ‘n uur-‘n-dag se krag.

(Ek wonder net of die aborsiesyfer drasties sal toeneem?)

Hoeveel druppels bloed drink ‘n donnerse muskiet?

Standaard

Hoeveel druppels bloed drink ‘n donnerse* muskiet dan?

Of is daar ‘n eskader muskiete wat een-vir-een op my toesak?

Gmpf, en dan is dit ook net die wyfies wat bloed suig, maar ga! dit verras my glad nie, die nagetters!  Tipies vrou – treiter jou heel aand (…en wil net in die bed steek)!

…maar regtig nou, hoeveel druppels bloed drink ‘n donnerse muskiet?  En moet sy die heeltyd verby my oor kom zoem?  Tap jou leeg en raas jou wakker – juis op die mees warm, ongemaklike aand.

En dit sodat sy ‘n eiertjie daarmee kan lê.

Gmpf.  Kan ‘n mens nie iron en protein shakes vir hulle neersit dat hulle ons uitlos nie?  WP bloeddienste gee jou ten minste ‘n gratis, lelike koppie.

Gmpf.

Dit suck.

______________

* “donnerse” word gebruik ter wille van alliterasie.  Moet dus asb nie aanstoot neem nie!

Xhosa #4

Standaard

Vraagsinne 

Hierdie Xhosa-les is ‘n lekker kort ene.  Onthou, ons sal nog baie op woordeskat moet fokus hierna, om genoeg naamwoorde en werkwoorde te hê om sinne mee te kan bou, én ons sal nog ‘n hele klompie taalreëls ook stelselmatig moet aanleer.

Ons weet bv. dat al die naamwoorde in Xhosa in verskillende klasse is, en dat dit nogals bepaal hoe die res van ‘n sin gaan lyk (want elke naamwoordklas het sy eie skakels).

Maar bogenoemde stuff gaan ons binnekort tema-vir-tema deurdraf.  Laat ons nou eers die derde tipe sin wat ‘n mens kan maak, bespreek.  Die eerste tipe was 1. Bevelsinne, die tweede tipe sin was 2. Stelsinne (seker die algemeenste sinsbouvorm), en vandag bespreek ons 3. Vraagsinne.

‘n Vraagsin het ‘n vraagteken aan die einde!  So eenvoudig soos dit:

  • Uyafunda?    Leer jy/hy/sy?    [klem op die léér]
  • Ndifunda?    Leer ek?    [klem op die ék]
  • Indoda ihamba?  Stap die man?
  • Libaleka ihashe?    Hardloop die perd?  [Dieselfde as: Ihashe libaleka?]

Let ‘n paar dingetjies op:

  1. Die -ya- wat voor die werkwoord gebruik word, skuif die klem na die werkwoordsgedeelte van die vraag (of die stelsin for that matter).
  2. Die volgorde waarin die onderwerp, voorwerp en werkwoord gebruik word, is glad nie so belangrik in Xhosa (as in Afrikaans of Engels) nie.  (Omdat naamwoorde in klasse gedeel is, weet ‘n mens dadelik watter woord “gekoppel” word aan die werkwoord (d.w.s. wie die aksie uitvoer), want daardie naamwoordklas se onderwerpskakel word as voorvoegsel met die werkwoord verbind: Lihamba?    Loop dit?    [iets in die li- klas, in hierdie geval, waarskynlik dan nou die ihashe    perd].
  3. ‘n Mens kan ‘n kort, losstaande woordjie: na  gebruik om die vraag-wees van ‘n vraag te beklemtoon.  Haha, ons kan eintlik dit vertaal na: “?”.  Soos in Afrikaans en Engels, gaan ‘n mens se stemtoon op aan die einde van ‘n sin as ‘n mens ‘n vraag vra.  Hierdie na    ?  help ‘n mens om daai stemstyging uit te voer.

Raait.  Obviously is daar baie vrae wat ‘n mens kan vra.  En nes Afrikaans en Engels dedicated vraagwoorde het, het Xhosa ook.  Leer bietjie die volgende:

  • -bani…?    wie…?
  • kutheni…?    hoekom?
  • -phi…?    waar?
  • ntoni…?   wat?

Probeer nou hierdie volgende sinne vertaal:

  1. Iphi indoda na?
  2. Stap jy?
  3. Hardloop die atleet?
  4. Kutheni umfundi ukhaba umbaleki?
  5. Bayafunda ntoni?

Sterkte!  Het jy enige vrae oor vraagsinne?  Vra gerus!

Xhosa #3

Standaard

Stelsinne 

Naamwoorde in Xhosa is belangrik.  Dit sien ons sodra ons stelsinne skryf.

Elke “ding” of “mens” (elke naamwoord dus) in Xhosa is in ‘n spesifieke naamwoordklas.  umfundi    leerder,  en  umbaleki    atleet,  is in die um-  naamwoordklas.  MAAR  indoda    man, en  ihashe    perd,  is onderskeidelik in die i- en li- naamwoordklasse.

Wanneer ons stelsinne in Xhosa maak, moet ons oplet in watter naamwoordklas die onderwerp (van die sin) is, sodat ons die regte onderwerpskakel voor die werkwoord kan aanlas:

  • Umfundi uyahamba.    Die leerder hy loop.  [die -ya- dui teenwoordige tyd aan]
  • Umhambi uyaqhuba.    Die atleet hy bestuur.
  • Indoda iyahamba.    Die man hy loop.
  • Ihashe liyabaleka.    Die perd hy hardloop.

Miskien, as jy bogenoemde sinne lees, verstaan jy nou hoekom die Afrikaans wat moedertaal Xhosa-sprekendes praat, dikwels die “oortollige” voornaamwoord (“hy”) bevat.

Let ook op dat daar m.b.t. die Xhosa voornaamskakels, geen onderskeid tussen hy of sy getref word nie:

  • Ndiyahamba.    Ek loop.
  • Uyahamba.    Jy of Hy/Sy loop.
  • Siyabaleka.    Ons hardloop.
  • Niyafunda.    Julle lees/leer.
  • Bayaqhuba.    Hulle bestuur.

Probeer nou die volgende sinne vertaal:

  1. Siyatya.
  2. Julle hardloop.
  3. Die man bestuur.
  4. Die perd leef.
  5. Umbaleki uyakhaba.

(Die vertalings sal later in die comments gepost word.)