Monthly Archives: September 2008

Roadtrip #1 – Ek was vir ‘n wyle weg

Standaard

Ek was vir ‘n wyle weg: deur al nege provinsies van Suid-Afrika in agt dae.  Saam met my goeie vriend, Francois C.

Jammer vir die gereelde lesers wat angstig op inskrywings/kommentaar gewag het; wees gerus – ek’s terug by my virtuele chalkboard.  Praat gerus voort. 🙂

Die nut van lesplanne deel op die internet

Standaard

>> Hierdie is ‘n besprekingspost vir onderwysstudente; hulle moet kommentaar lewer as deel van hulle deurlopende assessering vir ‘n module in Konstruktivisme, kreatiwiteit en humor in die onderrig van Afrikaans

Om jou mikrobeplanning – dis nou lesbeplanning – op te skryf, voel dikwels soos ‘n mors van tyd.  As onderwyser weet jy mos waar jy tans in die sillabus is; jy weet watter hoofstukke die leerders alles in die kwartaal moet ken. 

As jou makrobeplanning – dis nou als wat jy in die jaar moet doen – en mesobplanning – wat jy elke siklus moet afhandel – in orde is, dan is jy mos uitgesort.  Waar kry ‘n onderwyser tog nou tyd om elke les (of reeks samehangende lesse) afsonderlik te omskryf?

Wel, ek vermoed ons moet anders hieroor dink en begin wegbeweeg van net fisiese lêers vol vergeelde afrolblaaie (wat jy wegsteek vir jou kollegas omdat jy ‘n handboek wil uitgee).  En begin saamwerk (collaborate) met mede-onderwysers om ‘n netwerk te skep waar goeie lesse onderling met mekaar gedeel kan word: ‘n website van goeie lesplanne.

* * *

Ons gee dikwels onwetenskaplik klas, sonder ‘n paradigma (soos konstruktivisme) waarvolgens ons kan besin oor die klasse wat ons gee.  Ons meet onsself aan die toetspunte van die leerders – of hulle suksesvol die kennis wat ons aan hulle oorgedra het, kan reproduseer.

Kyk ‘n bietjie na die volgende webtuistes.  Hoe kan jy , as beginner-onderwyser, met ander onderwysers saamwerk?  Watter webtuistes het jy al opgespoor wat nuttig is?  Tot watter blog of webwerf gaan jy bydraes lewer?

Eksamenstres sonder grense

Standaard

Elke nou en dan praat ek oor die radio oor onderwyssake, of so sê hulle my.  Ek word gewoonlik in die week op my selfoon gebel en dan saai hulle uit wat ek kwytgeraak het die daaropvolgende Sondag.

Hierdie week moet ek gesels oor eksamenstres.  Die aanbieder het hierdie versoek aan my geforward:

Kan u asb vir my ‘n program doen oor studiemetodes. Net sodat ek my kind kan leer hoe om onafhanklik sy skoolwerk te kan leer en verstaan.

Dalk iets vir ONS EN ONDERWYS, veral nou met die naderende eksamens. Dit is ‘n feit dat ouers dikwels nie weet wat hulle by die huis kan doen om die kinders te help as dit kom by studietyd nie. Hulle is meer gestress as die kinders en dit het ‘n uitwerking op die kind self: my ma/pa panic terwyl ek alles onder beheer het!

Kan julle my dalk help?  Ek moet teen môreaand 19:30 aan iets gedink het om vir ‘n halfuur lank te sê.  Wat sou jou raad wees t.o.v. matriekeksamens en ouers en stres?  Hm?

Skoolgee beyond belief

Standaard

Diegene wat onverpoos my blog links dophou, sou agterkom dat ek onlangs ‘n paar nuwe skakels toegevoeg het.

Browse ‘n bietjie op The meming of Life – on secular parenting and other wonders en vertel my wat jy dink van sekulêre onderrig (en ouerskap!).  “Sekulêr” is om nie ‘n spesifieke godsdienstige paradigma voor te hou nie, maar leerders binne ‘n vrydenkende, kritiese raamwerk op te voed.

Ek hoor graag wat julle dink.

Ons is in ‘n Christelike land, maar Bybelonderrig, e.d.m. het weggeval.  Is dit goed/reg?  Moet ons saalbyeenkomste open met skriflesing en gebed?  Hoekom roem so baie skole daarop dat “christelike waardes” kwansuis bevorder word?