zen
soos die vaartbelyne rimpeling
van ’n vis se vin in water
’n golf
(’n kring)
’n troebel poel
teen ’n wal se rant: riete waaraan swaar druppels hang
(blink)
soos die onderwater klank
van ’n klip wat glip in die slik
die slyk
tyd
zen
soos die vaartbelyne rimpeling
van ’n vis se vin in water
’n golf
(’n kring)
’n troebel poel
teen ’n wal se rant: riete waaraan swaar druppels hang
(blink)
soos die onderwater klank
van ’n klip wat glip in die slik
die slyk
tyd