Kapitalisme kom tot ‘n val. (II)

Standaard

Hierdie artikel volg op Kapitalisme kom tot ‘n val.  Die volgende artikel het betrekking: http://www.orionmagazine.org/index.php/articles/article/2962/.

Ek hoor graag wat julle daarvan dink; talle interessante punte word gemaak.  Onder andere van Kellogs wat met groot sukses (voor die Tweede Wêreldoorlog) oorgeskakel het vanaf ‘n 8-ure werksdag na net 6 ure.  Die gemeenskappe het gefloreer; mense het tuingemaak en met hul kinders gespeel by die huis.  Dis jammer dis nie meer die geval nie.

Deesdae is dit voorwaar asof ons ons siel verkoop aan Mammon.  Ons verwyl al ons sonskyntyd agter ‘n lessenaar en voor ‘n rekenaarskerm.  Ons dien elke dag ons tronkstraf uit: Jy sal hard swoeg en al jou dae sal jy doringbos eet.

Is daar dus eerder ‘n spirituele revolusie op hande?  Johannes – dalk selfs die wederkoms?

FROM THE EARLIEST DAYS of the Age of Consumerism there were critics. One of the most influential was Arthur Dahlberg, whose 1932 book Jobs, Machines, and Capitalism was well known to policymakers and elected officials in Washington.

Dahlberg declared that “failure to shorten the length of the working day . . . is the primary cause of our rationing of opportunity, our excess industrial plant, our enormous wastes of competition, our high pressure advertising, [and] our economic imperialism.”

Since much of what industry produced was no longer aimed at satisfying human physical needs, a four-hour workday, he claimed, was necessary to prevent society from becoming disastrously materialistic. “By not shortening the working day when all the wood is in,” he suggested, the profit motive becomes “both the creator and satisfier of spiritual needs.” For when the profit motive can turn nowhere else, “it wraps our soap in pretty boxes and tries to convince us that that is solace to our souls.”

 (Dankie vir Francois C. se blogskakel op my vorige post – die link is afkomstig daarvandaan.)

10 responses »

  1. Dankie, dis inderdaad ‘n interessante skakel na die Kellogs-storie.
    Wat my veral gefassineer het, is die Mavericks – hoe sou mens geduld en moed hê om te aanhou stroom-op swem?
    Dis tog makliker om net te “go with the flow”… of is dit dalk meer vervelig?

  2. Mnr Muller

    Ek het my kop uitgesteek om ‘n dag, maand en jaar te gee wanneer die wederkoms en die einde van die wêreld gaan plaasvind, naamlik 21 Mei 2011 (wederkoms) tot 21 Oktober 2011 (einde). Nou wag ek dat die slimgeleerde ekonome hulle kop uitsteek…

    Hierdie inligting is gebaseer op die mees betroubare bron as gesag (naamlik die Bybel). Daardie swart boek wat op bykans elke christen se bedkassie lê (en stof opgaar). Die verloop van tyd kan kortliks asvolg opgesom word (alle datums is herlei na die Gregorian Kalender van vandag):

    Skeppingsjaar : 11013 VC

    Jaar van die vloed in die dae van Noag: 4990 VC (17de van die 2de maand volgens die kalender in die dae van Noag)

    Jaar van die geboorte van Jakob : 2007 VC

    Jaar van die kroning van Dawid as koning van Israel : 1007 VC

    Jaar van die geboorte van Jesus Christus : 7 VC

    Jaar van kruisiging : 2 Oktober 33 AD (Dag van versoening 10 Tishri Hebreeuse kalender)

    Begin van tyd van die 8400-dag lange tyd van Groot Verdrukking (wat saamval met die einde van die kerk-era en die 13000ste herdenking van die bestaan van die mens (wat vanuit die lendene van Adam en Eva afkomstig is) : 21 Mei 1988 AD (17de van die 2de maand volgens die Hebreeuse kalender) presies 7000jaar vanaf die vloed in die dae van Noag

    Vir die periode van 2300 dae vanaf 21 Mei 1988 tot en met 7 September 1994 sou bykans geen redding hier op aarde plaasvind … nie deur middel van die bediening van kerke ook nie buite kerke nie. Wanneer God die kerkinstelling aan Satan oorgee (sonder dat hulle dit agterkom) Groot verdrukking inderdaad…!

    God begin weer buite die kerke as instelling mense red op : 7 September 1994 (1 Tishri volgens die Hebreeuse kalender). God begin met die insameling van Sy laaste oes (final harvest) buite die instelling van die kerke.

    Wederkoms nadat die Final Havest ingebring is (hoofsaaklik afkomstig uit die arm derde wêreldlande : 21 Mei 2011

    Einde van die wêreld 5 maande later : 21 Oktober 2011

    Het jy enige datums wat jy reken die val van Kapitalisme gaan plaasvind…?

    Op jou suggestie dat ‘n spirituele revolusie op hande is, blyk dit uit die Bybel dat ‘n spirituele revolusie tans plaasvind (buite die kerk as Goddelike instelling). Profesie vanuit die Skrif is duidelik dat die kerk as instelling gedurende die “laaste uur”, kort voor die wederkoms aan die “slaap” sou raak. Hierdie boodskap word tans wêreldwyd via veral radio-uitsendings van Family Radio gehoor…! Reg onder die neuse van die slapend kerk, sonder dat hulle ‘n vinger kan verroes om dit te keer.

    Hierdie tipe inligting sal jy natuurlik nie in jou kerk hoor nie want hulle is tans onderwerp aan ‘n “krag van dwaling” wat deur God Self gestuur is, en wel ooreenkomstig die volgende Skrifgedeelte…

    (2Th 2:11) En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,

    (2Th 2:12) sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.

    Ek het ‘n vermoede dat die wiele van kapitalisme besig is om af te kom… hulle het net eenvoudig nie meer kopers (met geld) om hulle produkte en dienste mee te koop nie, …!? Tensy die “verkopers” geld aan die kopers geld leen om hulle produkte te koop…!?

    Miskien is die Zim-dollar dalk maar net die punt van die vinnig smeltende ysberg. Ek is bevrees 1 kg goud gaan tussen 22 Mei 2011 en 21 Oktober 2011 minder werd wees as 1 kg mielies….!

  3. Jammer die volgende regstelling is nodig …

    “Begin van tyd van die 8400-dag lange tyd van Groot Verdrukking (wat saamval met die einde van die kerk-era en die 13000ste herdenking van die bestaan van die mens (wat vanuit die lendene van Adam en Eva afkomstig is) : 21 Mei 1988 AD

    Vir die periode van 2300 dae vanaf 21 Mei 1988 tot en met 7 September 1994 sou bykans geen redding hier op aarde plaasvind … nie deur middel van die bediening van kerke ook nie buite kerke nie. Wanneer God die kerkinstelling aan Satan oorgee (sonder dat hulle dit agterkom) Groot verdrukking inderdaad…!

    God begin weer buite die kerke as instelling mense red op : 7 September 1994 (1 Tishri volgens die Hebreeuse kalender). God begin met die insameling van Sy laaste oes (final harvest) buite die instelling van die kerke.

    Wederkoms nadat die Final Havest ingebring is (hoofsaaklik afkomstig uit die arm derde wêreldlande) : 21 Mei 2011 (17de van die 2de maand volgens die Hebreeuse kalender) presies 7000jaar vanaf die vloed in die dae van Noag”

    Die 21ste Mei 2011 is die 17de dag van die 2de maand van die Hebreeuse kalender…. wat presies 7000 is vanaf die kalender wat in die dae van Noag gebruik was. Om presies te wees 365424 weke vanaf die dag toe God die ark wat Noag gebou het agter hom toegesluit het.

    (Gen 7:11) In die ses honderdste jaar van die lewe van Noag, in die tweede maand, op die sewentiende dag van die maand, op dieselfde dag, is al die fonteine van die groot watervloed oopgebreek, en die sluise van die hemel is geopen;

    (Gen 7:12) en die stortreën was op die aarde veertig dae en veertig nagte lank.

  4. Ai Mnr. Muller, moes jy nou vir ou Johannes nog verder uitgelok het?

    Johannes: hier’s ‘n bybelversie vir jou (en dit klink my oom Paulus praat spesifiek van jou?):

    ( 2Th 2:2 ) Don’t be so easily shaken or alarmed by those who say that the day of the Lord has already begun. Don’t believe them, even if they claim to have had a spiritual vision, a revelation, or a letter supposedly from us. (New Living Translation)

    Ja! Dit kom reg uit daardie selfde stukkie teks wat jy aangehaal het. Dankie daarvoor. 🙂 En buitendien, hoe kan jy sê dat God “die kerkinstelling aan Satan oorgee” “want hulle is tans onderwerp aan ‘n “krag van dwaling” wat deur God Self gestuur is”? Ek sien geen aanduiding in Paulus se skrywe dat hy enigsins verwys na die kerk in hierdie konteks nie. Hy praat wel van mense wat nie die “liefde en waarheid” wil aanvaar nie. Dalk moet jy weer ‘n bietjie die teks gaan lees en liewer nie woorde in Paulus se mond plaas nie. Hoe seker is jy dat jý nie die een is wat “tans onderwerp word aan ‘n “krag van dwaling”” nie?

    Ek stel voor dat jy ook nie verder enige kommentaar lewer tensy jy verseker dat jy jouself op ‘n koherente wyse kan uitdruk op die toepaslike onderwerp nie. Onsamehangende lysies datums en bybelversies, wat in elk geval buite konteks aangehaal word, maak geen sinvolle bydrae tot die gesprek nie.

    Terloops: my Bybel is nie swart nie.

    Hoekom is jy onder die indruk dat Mnr. Muller enigsins die val van Kapitalisme as ‘n letterlike werklikheid beskou en dat hy sommer selfs datums daarvoor sou kon optoor? Is dit nie meer waarskynlik dat hy eerder net sy misnoë oor die huidige stelsel probeer uitspreek en bloot ‘n uitruil van interessante en (sal ek waag om te sê) insiggewende idees probeer uitlok nie?

  5. Aag wat, solank daar nie te ver weg van die boodskap (oftewel die thread) gedwaal word nie, is verbanning seker onnodig.

    Uiteraard is die ekonomie en die kerk verweef, so gee die profeet wat hom toekom.

    Die shopping malls is onse tempels en die “soap in pretty boxes” die “solace to our souls”.

    Vandaar my vraag of ons nie op die rant van ‘n geestige revolusie staan nie? Die indigo-kids se verset teen materialisme.

    http://en.wikipedia.org/wiki/Indigo_children:

    Indigo children are highly sensitive with a clear sense of self-definition and a strong feeling that they need to make a significant difference in the world. They are strong-willed, independent thinkers who prefer to do their own thing rather than comply with authority figures.

    Of wag, dalk haal ek nou iets buite konteks aan.

  6. Sug (!!!) dankie mnr muller vir die verdraagsaamheid…!

    Ek het ‘n vermoede Francois C is nog knus genestel onder die vlerk van sy kerk…?!

    Of dalk “ly” hy dalk nog aan die sindroom waaraan die “skrifgeleerdes en wetsgeleerdes” “gely” het in die dae toe Jesus die handelaars se handelstafels in die tempel omgegooi het.?

    Of dalk het die gedagte dat God die instelling van die kerk “uitgespuug” het hom so effe ontstel, ek wonder net of hy bewus is daarvan dat Kájafas en Kie Edms(onbeperk) nie eers agtergekom het dat God hulle gefire het toe die voorhangsel van bo tot onder geskeur het nie.

    Hierdie hoogsgeeerde en gekwalifiseerde geleerdes in die Skrif (waarvan Paulus toe nog ‘n yweraar was) het wel nog ‘n “betaalde” amp beklee, maar hulle was deur die Een wat hulle ampte 1480jaar van tevore ingestel het net eenvoudig gefire…!

    Toe die kerk-era op 21 Mei 1988 ten einde geloop het, het God die hele instelling van die kerk op soortgelyke wyse gefire. Hierdie vrou wat bekleed was met purper en skarlaken en versierd was met goud en kosbare stene en pêrels (ware gelowiges) is vanwee haar hoerery oornag deur God as die moeder van die hoere verklaar….

    (Openb 17:5) en op haar voorhoof was ‘n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde.

    Dis ‘n verborgenheid wat deur geen “skrifgeleerde of wetsgeleerde” van ons tyd raakgesien sou word nie. Die val was egter groot, groter as wat die val van die kapitalisme ooit kan wees, en finaal….!

    Namate ons die laaste dag in 2011 sien nader kom sal die werke van Satan toenemend in die instelling van kerk sigbaar raak.

    Sien mnr muller (en franscois c )die “seun van die verderf” waarvan in die einste 2 Thess 2 melding gemaak word, is niemand anders as die satan wat homself as ‘n engel van die lig voordoen en sit hy in die tempel van God as ‘n voorwerp van aanbidding…!

    (2Thess 2:4) die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.

    Genadiglik is God besig om die oë van die “slapend” kerk stelselmatig te open … ongelukkig sal baie vanwee die hardheid van die hart soos Israel van ouds tot en met die wederkoms bly “handeldryf” …. business as usual!!!

    Mag God elkeen van ons genadig wees.

    2011-groete

  7. Ek het onlangs in Ierland gewerk. Daar werk die mense slegs 33 ure per week en hulle produktiwiteit is baie hoër as ons s’n wat tot 50 ure ‘n week op kantoor spandeer. Die banke is oop van 10 to 4 Maandae tot Vrydae en glad nie op Saterdae en Sondae nie.

  8. Valse bewussyn is die woord hier. En Marcus die leeswerk. Ek dink Marx was toe tog reg dat die kapitalisme onder homself gaan vou, al is dit op ‘n heel ander manier as wat hy gedink het. Ek sien dit hier in Doebai, die vrate wat hulle dik shop – hulle gee nie meer om oor regte of hul medemens of ewigheidsgoedere nie, solank jy hulle net genoeg geprosesseerde kos gee om hul kele vol te stop, en genoeg bling om hulself soos krismiskarkasse te behang. Ons gaan almal raak soos daai mense in WALL-E, ons gaan net na TV-skerms staar en alles deur ‘n strooitjie opsuig. Genadiglik sal ons egter vrek voordat ons die sterre bereik. Dit is die einde van die ryk. Wolves are howling at the gates of civilisation, en wat doen ons, wat doen ons? WAT DOEN ONS?
    Inkopies.

Lewer kommentaar