Roadtrip #12 – Colesberg se lamtjops en nag vol sterre

Standaard

Op dag 1 van my en Francois C se trippie om Suid-Afrika het ons vanaf Stellenbosch gery tot by Colesberg en daar oornag.

2955367108_6af917fa01

Dit was reeds pikgitdonker toe ons daar aankom, met ‘n hele sterrehemel en melkweg bo ons koppe gespan (foto met vergunning van Francois M se link in die comment).

Heel billik beprys het ons – ná ‘n dag se ry deur die Karoo – ‘n paar lamtjoppies bestel en heerlik daaraan gesmul oor ‘n glasie wyn.  Salig gemaak tuisvoel op die platteland.  Kosmoskos.

karoo-kos

Ons verblyf op dag 1: http://www.wheretostay.co.za/vanzylsvlei/

6 responses »

  1. thx, Francois M – ek’t summier my goor foto’tjie met joune vervang. (wel gedaan met die exposure, ens.) hehe, my mik-en-druk metode het duidelik nie so goed gewerk nie 😉

Lewer kommentaar