Sag, soos ’n laken vol wind wat ruisloos om jou vou

Standaard

Sag, soos ‘n laken vol wind wat ruisloos om jou vou.

Sag, soos muf op skurwe brood.

Sag, soos ‘n fluistering geluidloos teen my oor.

>>

Probeer jy met ‘n lekker vergelyking: Sag, soos…

14 responses »

  1. Kunstige rangskikking van die gegewe, soos Chris Chameleon sou sê!

    Goed,

    sag, soos die reën se sinkdakdans
    sag, soos die kerslig se hipnotiese glans
    ..sag, soos die watte van die earbud in jou oor, haha!!

    • Hier herrinkink ek weer:

      Sag, soos die reën se ritmiese sinkdaktrans
      Sag, soos die kers se glans teen jou oor
      Sag, soos ‘n oorstokkie se plons teen die grond
      Sag, soos hipnose se waserige watte-woorde lomp in jou kop

    • Welgedaan, gee jy om as ek die vergelykings deurmekaar skommel?

      Sag, soos groen mos, koud teen my wang
      Sag, soos die vel van jou binnearm, kaal
      Sag, soos die mis wat om my vou soos satyn
      Sag, soos die ronding van jou toon teen my tong

  2. @estelleke: joune verfomfaai ek ook, as ek mag:

    Sag, soos oë wat oor die berge hang
    Sag, soos wolke op jou wang
    Sag, soos skeerroom-stilte in die waan
    Sag, soos saamwees se verstaan

  3. Sag, sterre skitter in die nag, heilig;
    Sag, deur arms liefde omvou, veilig;
    Sag, lippe in stille ontmoeting, vurig;
    Sag, bries deur wuiwend halms, koel;
    Sag, hande oor jou naakte lyf, soel;

    Sag.
    Hard.

Lewer kommentaar op mnr.muller Kanselleer antwoord