weg na wakkerstroom

Standaard

Dikwels wanneer jy besonder besig is (of moet wees) begin jou kop raas.

Soos wanneer jy ‘n aanbevelingsrapport (tipe notule) skryf van ‘n vergadering wat 8 ure lank aangehou het en dokumentasie van 1147 bladsye beslaan.

Dikwels dartel my gedagtes dan weg na alternatiewe realiteite.  Ek noem hierdie alternatiewe aardrykskunde van nou af: “Wakkerstroom”.

Ek het onlangs gehoor van dié plek, en ek moet sê dat die naam van dié dorp (wat werklik bestaan!) my onmiddellik bekoor het, nog voordat ek kon besef dis geleë duskant die geilgroen Drakensberge.

Die naam roep Jungiaanse (onderbewussyn) gedagtestrominge by my op – en ek kan myself net ‘n niksnêrensnadda-dorpie indink waar ‘n mens kan ontsnap aan vergaderings en werksverbande dinge van ons samelewing.

In ‘n vervalle, klein huisie kan jy lees en skryf en skilder sonder inmenging van die kompleksiteite van ons alledaagse bestaan.

In Wakkerstroom is alles altyd waar.  Dis net ‘n koffieteug weg.

Die weerlig slaan daar onophoudelik die grond – meer as in enige ander deel van Suid-Afrika.  Dink dus ook aan wisselstroom.  wisseldroom.  wakkerdroom.  wakkerstroom.

Daarheen gaan ek binnekort ontvlug.

Langs die kabbeling van ‘n kleine zoeloe-riviertjie.

Wakkerstroom

19 responses »

  1. Oeps, dit lyk of daar ook ‘n kerkie is. Maar dalk het dit ‘n Zenn-den for men geword. Geniet dit en stuur groete.

  2. mnrmuller,

    Meneer, mnrmuller, miskien kan meneer sambrele verkoop op Wakkerstroom?

    Meneer kan dit noem: parapluë!

  3. ek en my familie het nou onlangs wakkerstroom toe getrek om weg te kom van geweld, moord en verkragting.
    kom kuier gerus hier. en los maar julle 9 mils, alarms en mace spray. hier het ons dit nie nodig nie.
    mnr muller kom kuier en drink koffoie saam met ons of n JAGERMEIFTER
    GROETE

  4. Dagsê jongman, jy lyk of jy van die stad af kom en wil uitspan. Ek woon in die klein huisie op jou prentjie van Wakkerstroom en bring gerus jou skottelgoed, ek sal dit een maal ‘n week was. Ook jou wasgoed in die kabbelende riviertjie, maar dit doen ek net een maal in twee weke. Ek maak nie kos nie, moet dus nie kom kos soek nie. Mense hier rond kom vra soms raad vir allerlei probleme, maar moenie my te dikwels lastig val nie. Op my dak groei boerpampoene, daarvan mag jy een maal in ‘n maand kom haal, maar moenie my wakker maak as jy op die dak wil klouter nie.
    Tot volgende keer.
    Tannie Daisy.

  5. Haai Makker, ek is Charra, woon maar ook hier in Wakkerstroom, maak dakke reg en stem klaviere. Moenie jou te veel steur aan Tannie Daisy nie, sy is eintlik heel vriendelik, kan dit net nie vat as ‘n mens ‘n zol naby haar huis rook nie. Sy maak ook lekker sop, dis nou as jy van sop hou. Waar gaan jy bly? Ek sien jy is ‘n painter. Dalk kan ons ‘n besigheid begin, dan paint jy die dakke wat ek verf. Dit sal help want hier is nie baie klaviere om te stem nie. Ghoebaai vir eers.

  6. Hi. Ek het ‘n 522m stukkie grond in die dorp wat ek wil verkoop. Wou ook daar gaan aftree eendag maar het nou ander planne! Enige iemand wat belangstel kan my kontak op 0836617288.

  7. Ai ai ai…ou mense.

    Koop gerus pannekoek by die ouetehuis se mense (my ouma bak dit) en as julle ‘n lang maar Oom ontmoet met spierwit hare wat lyk asof hy enige oomblik kan omwaai en baie baie baie nonsens praat, dis my oupa

    Jaarliks gaan ons familie Wakkerstroom se oue te huis toe vir Nuwejaars!!

    Whooohooo!!! Eina my heup!!!

  8. My oupa is ‘n regte hanswors…met maaeeeeeeeeer bene en lyf.

    Hy’s gagga oor geskiedenis though, vra hom iets en hy sal dit weet. Ek lief hulle baie baie baie…o ja, en oppas vir Oom Theuns ook, hy sal jou nooit laat ophou lag nie 😆

  9. Haha dit is eintlik lekker daar. Ek en my niggie skuil die heeltyd deur in die oue te huis se biblioteek. Snoesige gemaklike plekkie, maar om vir drie jaar na mekaar NUWEJAAR tussen ‘n klomp OU mense te spandeer is vir my net een te veel.

    Die oue te huis se naam is Dana en omliggende huisies wat ou paartjies kan huur of koop word die Kana huisies genoem.

    Ons het dit begin goed dink om ‘n storie te begin skryf. Ek sê jou daai plek is erger as 7de Laan.

    Hoe klink Dana-Kana Drama? 😉 😆

  10. Terug pieng: Roadtrip #2 - vaarwel Franschoek! « mnr.muller

Lewer kommentaar