Ek het lanklaas ‘n Xhosa-les gepost.
Laas het ons op naamwoorde gefokus, spesifiek die Xhosa-woorde vir liggaamsdele.
In Xhosa #6 het ek die volgende Xhosa-naamwoorde gegee: kop, nek, been, voete, knie, borskas, hare, hand, hemde, broeke en atlete.
In Xhosa #7 het jy nog woorde gekry: oog, mond, tand, neus, ken, wenkbrou, onderarmholte, maag, tepel en liggaam.
Hoe het jy te werk gegaan om dié nuwe woorde te onthou? En hoe suksesvol was jy? Kan jy die volgende woorde na Afrikaans vertaal:
ikhwapha, umlomo, umlenze, impumlo, isilevu, iinyawo, ingono, iihempe, iibhulukhwe, isifuba, iliso, ababaleki, idolo, intamo, intloko, iinwele, ushiyi, izinyo, isandla, isusu, umzimba…?
Indien nie, moet ons fokus op onthou-vaardighede en hoe om nuwe woorde aan te leer. Daarvoor moet ons weet hoe om ons hele brein in te span vir die oor-en-weer onthou-proses.
Hoeveel woorde kon jy sedert laas les onthou? Het jy volpunte? Is daar woorde wat jou makliker bygebly het? Hoekom?